Onderbrekings veroorsaak 'onmeetbare skade'
Henriette Lamprecht – Kragonderbrekings as gevolg van die implementering van NamPower se skuldinvorderingsplan het onmeetbare skade aan die ekonomie veroorsaak, onderbreek kritieke en lewensreddende dienste soos mediese dienste en veroorsaak ellende vir verbruikers.
Daarom sal enige skuldinvorderingsplan deur enige lisensiehouer wat lewensreddende dienste in die gedrang bring en ’n onderbreking vir opbetaalde kliënte veroorsaak, in die toekoms nie deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) ondersteun word nie.
Die raad het by monde van sy uitvoerende hoof, Robert Kahimise, veral verwys na kliënte wie se rekeninge opbetaal is of wat van voorafbetaalde krag gebruik maak en wat onregverdig deur NamPower se maatreëls geraak is.
Volgens Kahimise is die rol van die ECB om die belange van alle rolspelers insluitend verbruikers, lisensiehouers en ander rolspelers in die kragvoorsieningsbedryf te balanseer.
“Die ECB-goedgekeurde tariewe maak voorsiening vir voldoende inkomste vir lisensiehouers vir verspreiding om hul NamPower-rekeninge te betaal en om veilige en betroubare kragvoorsiening aan sy kliënte te verseker. Die lisensiehouers het ’n verpligting om betalings van sy onderskeie kliënte te verkry en om die fondse te gebruik om sy onderskeie netwerke te bedryf en te onderhou,” het Kahimise gesê.
Hy het namens die raad die regering geloof vir sy positiewe ingryping wat daartoe gelei het dat NamPower se skuldinvorderingsplan tot die einde van Augustus op ys geplaas is.
Die ECB is intussen uitgenooi om deel te wees van ’n komitee wat deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling in die lewe geroep is om ’n blywende oplossing te probeer vind.
Kahimise sê NamPower se huidige probleem het ontstaan weens die kragvoorsiener se huiwering of mislukking om streng by sy eie kredietbeheerbeleid te hou en as gevolg van lisensiehouers vir kragverspreiding wat nie hul NamPower-rekeninge oor ’n lang tydperk betyds en ten volle vereffen het nie.
“Dit hou ’n risiko vir kragvoorsiening in Namibië in omdat NamPower hom in ’n posisie mag bevind waar dit nie voldoende krag kan koop of in die land se kragbehoeftes kan voorsien nie.”
Kahimise het gemaan die voordele wat NamPower (en Namibië) geniet deur die kragvoorsiener se kredietgradering moet nie onderskat word nie.
Hy het ’n beroep op verbruikers gedoen om hul rekeninge te vereffen, terwyl lisensiehouers streng moet hou by kredietbeheermaatreëls deur onmiddellik die krag af te sny om te verseker dat verbruikers dadelik betaal. Die inkomste wat so verkry word, moet ook aan NamPower oorbetaal word en nie gebruik word vir ander uitgawes wat nie met kragvoorsiening verband hou nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie