Opleiding in edelstene suksesvol

Ministerie reik waarskuwing uit
Die ministerie van handel het nog geen amptelike kennisgewing vir vanjaar se innames vrygestel nie en sal dit in die volgende twee tot drie maande doen.
Tanja Bause
Precious Nghitaunapo – As deel van entrepreneurskapsontwikkeling en -bevordering deur die Growth at Home-inisiatief, het die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel in 2019 ’n edelsteen-opleidingsentrum in Karibib gestig.

Die opleiding, onder leiding van die Enhancing Entrepreneurship Development Program (Empretec) Namibia, bied Namibiese jeug die vaardighede om edelstene te sny en te poleer.

Met sy oorvloedige hulpbronne in edel- en halfedelstene, beoog Namibië om ’n internasionaal mededingende bedryf vir sy juweliersware- en gekleurde edelsteen-waardeketting te ontwikkel.

NOG NIE OOP NIE

Die ministerie het ook ’n waarskuwing uitgereik oor onlangse plasings wat op sosialemediaplatforms sirkuleer oor innames vir 2024 se opleidingsprogram.

Die ministerie het nog geen amptelike kennisgewing vir vanjaar se innames vrygestel nie en sal dit in die volgende twee tot drie maande doen.

Die ministerie se hoofkommunikasiebeampte, Elijah Mukubonda, het die publiek versoek om alle platforms dop te hou vir ’n amptelike aankondiging van die ministerie.

Deelnemers aan die 2023-program moet nog die finale stadium van die opleiding voltooi voordat nuwe innames kan begin.

OPLEIDINGSPROGRAM

‘n Ses maande lange opleidingsprogram, wat jaarliks aangebied word, sluit onder meer die sny en polering van edelstene in, asook die sortering en merk daarvan, kalibrasie, om edelstene in fasette te slyp – ronde, ovaal, vierkantig en peervorm – en graderingstegnieke in.

STATISTIEK

Mukubonda het gesê: “Die opleiding is suksesvol sedert sy ontstaan.”

Altesaam 242 gegradueerdes is aangeteken, met ’n totaal van 64 opleidingsessies wat landswyd aangebied is.

Die ministerie het 26 opleiers opgelei, van wie 14 van die ministerie en die res van verskeie sleutelrolspelers is, naamlik die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST), die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Stad Windhoek, die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), en die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!