Otavi Cement deel sy toekomsplanne
Glo goedkoper om nuwe aanleg te bou
Die medestigter en aandeelhouer van die Otavi Cement Group, André Neethling, sê die maatskappy kyk na 'n aanleg wat tot 'n miljoen ton sement per jaar kan vervaardig.
Die Otavi Cement Group (OCG) ondersoek tans die moontlikheid om Namibië se derde sementaanleg te bou.
Dié besluit is tydens ’n vergadering op 25 Mei aangekondig.
Dit kom glo nadat hulle raad ontvang het dat dit goedkoper sal wees om ’n nuwe aanleg te bou eerder as om ’n bestaande een te koop.
Die medestigter en aandeelhouer, André Neethling, sê OCG kyk na ’n aanleg wat tot ’n miljoen ton sement per jaar kan vervaardig.
Volgens hom sal die bou van so ’n aanleg sowat US$50 miljoen beloop. Die maatskappy het die mineraalregte rondom die gebied van die bestaande Ohorongo-sementaanleg bekom, wat glo ’n wêreldklas-hulpbron vir sementvervaardiging is.
Hy sê daar is genoeg materiaal in die omgewing om vir ’n duisend jaar sement te kan vervaardig.
“Ons het die bron, ons het die mark en ons het toegang tot die grond.”
Verder is die omgewingsklaringstudies afgehandel en die studie vir die aanleg self het nou begin, sê hy.
Hoewel hy erken dat Namibië se ontwikkeling die vraag na sement sal verhoog, mik die OCG na die buitelandse mark.
“Ek weet hulle benodig sement in Wes-Afrika, Zambië, Angola en Suid-Afrika. Die mark is nie net in Namibië nie,” sê hy.
DRIEHOEK SE ONTWIKKELING
Die sementaanleg is slegs een deel van groot uitbreidingsplanne om die driehoek tussen Otavi, Tsumeb en Grootfontein te ontwikkel.
’n Droë hawenetwerk word beplan om die vloei van goedere van en na die hawe op Walvisbaai te ondersteun. Om hierdie netwerk te vestig, besit OCG ’n 10%-aandeel in die Triangle Development Corporation met die dorpsrade van Otavi, Tsumeb en Grootfontein wat elk 30% besit.
Volgens Neethling sal die verkoop van Dundee se smelter op Tsumeb en ’n staalfabriek wat vir Otavi beplan word, die ontwikkeling van die nywerheidsdriehoek verder ondersteun.
Ander ontwikkelingsinisiatiewe wat beplan word, sluit meer infrastruktuur, toerisme-ontwikkeling en sitrusplantasies in.
Die plan om ’n eko-dorpie op Tsumeb te vestig, is ook goed op dreef. Neethling sê die ontwerp is gereed, die grond is verkry en die proklamasie van die gebied is ook voltooi.
Neethling sê die ontwikkelaars is reeds in gesprek met TransNamib en Namport, asook die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG), wat volgens hom nou betrokke is en die inisiatief ten volle ondersteun.
“Sement en staal is die boustene om infrastruktuur vir die toekoms te vestig. Die Otavi Cement Group sal voortgaan om met ander rolspelers in die sementbedryf te skakel, om alliansies te bou, en uiteindelik waarde vir Namibiërs te skep, en die lande en die binneland van Afrika te dien,” luidens ’n onlangse verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie