Polisie ondersoek Xinfeng
Mynbedrywighede gestaak
Die ministerie van myne en energie het ná 'n onverwagse inspeksie, op onwettige mynaktiwiteite afgekom.
Die omstrede Chinese mynmaatskappy, Xinfeng Investments, word tans deur die polisie ondersoek ná die ministerie van myne en energie hulle aangegee het vir beweerde onwettige mynaktiwiteite.
Dié aanklag hou verband met beweerde mynbedrywighede naby Uis in die Erongostreek in ’n gebied waar Xinfeng slegs ’n eksplorasielisensie gehad het.
Volgens ’n verklaring van die ministerie wat vandeesweek uitgereik is, het hulle talle klagtes van die publiek ontvang in verband met Xinfeng se onwettige mynbedrywighede. Dit het die kantoor van die mynkommissaris genoop om op 16 November ’n onverwagse inspeksie by dié gebied uit te voer.
As gevolg van beweerde onreëlmatighede wat op die terrein ontdek is, is werk aan die N$600 miljoen litiumverwerkingsaanleg en oopgroefmyn vroeg in Desember gestaak en 180 mynwerkers is huis toe gestuur.
“Die span het mynaktiwiteite op die terrein bevestig waar slegs ontginningsbedrywighede gemagtig is. In reaksie op hierdie bevinding het die ministerie, deur die kantoor van die mynkommissaris, opdrag gegee dat alle mynbedrywighede deur die maatskappy in die gebied onmiddellik gestaak word,” lui die verklaring.
Die bestuur van Xinfeng is daarna glo na die ministerie ontbied om verantwoording te doen oor die beweerde onwettige mynbedrywighede in die eksplorasiegebied.
“Tydens hierdie sessie wat op 4 en 5 Desember by die ministerie plaasgevind het, het die direkteure van Xinfeng toegegee aan die onderneming van ongemagtigde mynaktiwiteite met betrekking tot die omvang en voorwaardes van die eksplorasielisensie.”
Die ministerie het gevolglik ’n saak by die Namibiese polisie aanhangig gemaak wat verder die kwessie sal ondersoek. Die ministerie het glo intussen reeds strafmaatreëls in plek gesit hangend die afhandeling van die ondersoek.
Hulle wil die publiek verseker dat die uitvoerende bestuurder van Xinfeng aanspreeklik gehou sal word vir optrede en dat hulle al Xinfeng se mynbedrywighede gestaak het en hul aktiwiteite verder noukeurig sal monitor.
“Die ministerie verseker die publiek dat hierdie voorval die nodige aandag kry en op grond van die ondersoek se bevindings, sal toepaslike stappe gedoen word vir enige oortredings van lisensievoorwaardes,” lui die ministerie se verklaring.
MELD GEVALLE AAN
Xinfeng is ’n eksplorasielisensie toegestaan vir die verkenning van onder meer basis- en skaars metale, nywerheidsminerale en edelmetale. Dié lisensie gemagtig slegs ekplorasiewerk en nie mynaktiwiteite nie.
Die publiek het in afgelope maande kommer uitgespreek oor die impak wat hierdie mynbedrywighede op die omgewing gehad het, asook die beweerde skending van voorvaderlike grafte.
Die ministerie van myne wil die publiek verseker dat hierdie bekommernisse deur die publiek nie op dowe ore geval het nie.
“Die ministerie doen 'n beroep op die publiek om die voortgesette ondersoek te laat verloop. Verdere inligting sal verskaf word sodra die ondersoek voltooi is.”
Die verklaring moedig ook lede van die publiek aan om enige soortgelyke misbruik deur diegene wat mineraal- en energiehulpbronregte toegestaan is, aan te meld.
“Hierdie voorval dien as ’n waarskuwing aan alle lisensiehouers teen enige misbruik en dat hulle regsgevolge in die gesig sal staar.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie