'Polisiebeamptes gebruik nié gekonfiskeerde brandstof'
Streekbevelvoerder ontken aantygings
Terwyl hy erken dat die vervoer van brandstof agterin polisiemotors 'n gesondheidsrisiko inhou, het Sakaria gesê daar is geen ander opsie nie.
Enzo Amuele – Die polisiebevelvoerder in die Oshanastreek, komm. Naftal Sakaria, het bewerings ontken dat wetstoepassers brandstof uit Angola waarop beslag gelê is, gebruik om polisievoertuie vol te maak.
Brandstof vanaf operateurs op die sogenaamde swartmark word onwettig na Namibië ingesmokkel, waar desperate Namibiese motoriste dit teen goedkoop pryse aankoop te midde van hoë brandstofkoste in die land.
Dié Angolese brandstof lei tot ’n inkomsteverlies vir die Namibiese regering, aangesien geen heffings en belasting uit sulke onwettige aktiwiteite betaal word nie.
Namibiërs eis gereeld dat die regering ’n oliehandelsooreenkoms met dié land aangaan met die hoop dat dit tot goedkoper brandstof op kleinhandelvlak sal lei.
Die regering hou egter vol dat die invoer van brandstof uit Angola die Namibiese regering meer sal kos as wat hy tans aan brandstofinvoer vanuit ander bronne bestee. Brandstof uit Angola sal verder verfyn moet word om op dieselfde standaard gebring te word as die brandstof wat hier gebruik word.
Die spesifikasies van brandstof wat in Namibië gebruik word, is volgens die regering strenger wat onsuiwerhede soos swael- en loodinhoud betref.
‘ONS HET BRANDSTOF’
Sakaria het aantygings heftig ontken dat die Namibiese polisie in noordelike dele van die land die gekonfiskeerde brandstof gebruik om hul eie voertuie vol te maak.
“Ons het brandstof. Daar is geen regverdiging vir ’n wetstoepasser om brandstof waarop beslag gelê is in ’n polisievoertuig te gebruik nie, en daar is vele vulstasies in die streek met genoeg staatsbrandstof.”
Volgens die bevelvoerder word op brandstof beslag gelê, waarna dit aangehou word so lank as wat die vervolgingsproses duur, voor dit na ’n stortingstenk in die Ohangwenastreek gestuur word indien die saak suksesvol is.
“Daar is ’n tenk waar met hierdie brandstof weggedoen word, en die tenk word bestuur deur ’n maatskappy wat die verantwoordelikheid het om daarvan ontslae te raak,” het hy gesê.
Sakaria kon nie spesifiseer hoeveel individue in verband met brandstofsmokkelary in hegtenis geneem is nie en het gesê hoewel die situasie steeds ’n uitdaging is, was daar verbetering in die streek ná die inhegtenisname van mense wat probeer het om onwettige brandstof te verkoop.
“Ons hardloop nie rond en jaag elkeen met ’n vyfliter-houer nie; ons teiken die verskaffer. Ek het byvoorbeeld die hele Desember nie ’n verslag ontvang van iemand wat in verband met brandstofsmokkelary in hegtenis geneem is nie. Die boodskap behoort nou duidelik te wees,” het hy gesê.
GESONDHEIDSRISIKO
Terwyl hy erken dat die vervoer van brandstof agterin polisiemotors ’n gesondheidsrisiko inhou, het Sakaria gesê daar is geen ander opsie nie.
“Dit is ’n gesondheidsrisiko, maar ek moet realisties wees. Ek kan nie vir ’n spesiale voertuig vra om hierdie brandstof na die Ohangwenastreek te vervoer nie,” het hy gesê.
Elizabeth Sibolile, polisiebevelvoerder in die Ohangwenastreek, het bevestig dat die brandstof waarop beslag gelê is, opgetel word deur ’n maatskappy wat in petroleumgoedere spesialiseer, wat dit dan na Walvisbaai vervoer.
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die voormalige Namibiese polisiehoof, het verlede jaar wetstoepassers veroordeel wat na bewering hul persoonlike voertuie volgemaak het met brandstof wat uit Angola gesmokkel is en uiteindelik gekonfiskeer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie