Foto QatarEnergy Online
Foto QatarEnergy Online

QatarEnergy vergroot sy teenwoordigheid

HOOFREDAKASIE
Nuusredaksie – QatarEnergy het ’n ooreenkoms met sy beleggingsvennoot aangegaan om bykomende belange in twee aflandige blokke in Namibië se Oranjekom te verkry.

QatarEnergy het ’n ooreenkoms met TotalEnergies bereik vir ’n bykomende belang van 5,25% in Blok 2913B en ’n verdere 4,7% in Blok 2912, wat langs Namibië se kus geleë is. QatarEnergy se belang in hierdie eksplorasielisensies sal styg tot 35,25% in Blok 2913B en 33,025% in Blok 2912.

Katar se minister van energiesake en die uitvoerende hoof van QatarEnergy, Saad Sherida Al-Kaabi, het sy blydskap uitgespreek oor die uitbreiding van QatarEnergy se teenwoordigheid in Namibië se stroomop-sektor.

“Hierdie ooreenkoms verteenwoordig nog ’n belangrike stap in samewerking met ons vennote om die Venus-ontdekking in Blok 2913B te ontwikkel,” het hy gesê.

Geen inligting is egter oor die verkoopsbedrag bekend gemaak nie. Die Franse maatskappy TotalEnergies, die operateur van beide blokke, behou 45,25% van Blok 2913B en 42,475% van Blok 2912. Ander vennote sluit in Impact Oil & Gas, wat 9,5% in albei blokke hou, en die staatsbeheerde Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor), wat 10% van Blok 2913B en 15% van Blok 2912 besit.

Die blokke is ongeveer 300 kilometer aflandig geleë in waterdieptes wat wissel van 2 600 meter tot 3 800 meter en sluit die belowende Venus-ontdekking in. Die Venus-olieveld het aansienlike aandag as 'n groot vonds gekry. QatarEnergy het ook in 2022 die Jonker-1X-olieveld aan Namibië se kus ontdek.

Verlede jaar het Namibië se ministerie van myne en energie ’n Memorandum van Verstandhouding (MoU) met QatarEnergy onderteken om hul samewerking in die energiesektor te versterk. Die ooreenkoms het ten doel om personeelontwikkeling, kennisuitruiling en die verkenning van bykomende beleggingsgeleenthede in Namibië te bevorder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!