ReconAfrica wil studente oortuig
Gedrag word bevraagteken
Die olie-eksplorasiemaatskappy dring aan alles is in orde in die Kavangostreke.
Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) was medeborge van ’n openbare lesing en gesprek Maandagaand tussen kundiges by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) in Windhoek oor Namibië se standpunt oor olie- en gasontginning.
Dié Kanadese oliemaatskappy wou die boodskap oordra dat Namibië finansieel by die ontginning van olie op land of aflandig sal baat.
ReconAfrica se hoofbestuurder, mnr. Robert Mwanachilenga, het gesê die maatskappy het verlede jaar ingevolge lisensienommer 73 in die Kavango-delta begin boor. Goeie gehalte-olie is in twee boorgate ontdek, hoewel dit nie kommersiële hoeveelhede was nie.
“Ons het ook talle seismiese ondersoeke gedoen en is nou besig met ’n veldtog om vier boorgate te boor, met die eerste gat wat verlede week geboor is,” sê hy.
ReconAfrica het die gehoor – wat meestal uit studente bestaan het – nie maklik beïndruk nie.
’n Handjievol van die studente het voor die geleentheid uit protes ’n plakkaat “Beskerm die Okavango” in die lug gehou.
Gedurende die vraag-en-antwoord-sessie het lede van die gehoor gevra oor ReconAfrica se behandeling van kleinskaalse boere in die omgewing waar die maatskappy boor.
Mwanachilenga het beskuldigings verwerp dat ReconAfrica inwoners dreig en sonder respek behandel.
“Eerstens is die boere in die streek ons belangrikste belanghebbers, en ons betrek hulle altyd. Natuurlik is boere maar boere, en enigiemand sal natuurlik bekommerd wees as vreemdelinge op jou grond begin boor. Jy sal vrae hê, en vrae is geopper maar alles is reg, ons het die laaste twee weke vergaderings gehou en alles het vlot verloop,” sê hy.
Rakende die kommer dat boorwerk die ondergrondse waterbronne kan besoedel, het Mwanachilenga gesê dat ReconAfrica, die moedermaatskappy, al ervaring in Wes-Afrika, Angola en Duitsland opgedoen het, en “ons voldoen aan die beste praktyk”.
“Ons boor deur die waterdraer maar ons het beproefde tegnologie en ontwerp ons boorgate met omhulsels, bou met sement en onder druk om die gate teen water te seël. Daar is geen rede tot kommer nie, die nywerheid het homself reeds bewys,” sê hy.
Aangaande die hangende hofsake wat ongelukkige boere en inwoners van die twee Kavangostreke aanhangig gemaak het, sê hy dit is voor die hof, “kom ons los dit daar”.
Mwanachilenga het ook gesê die manier waarop die olie vanaf die verafgeleë bron vervoer sal word, hang van die ontdekking af.
“Ons moet eers vasstel watter produk ons kan ontgin. Die hoofproduk. Dan sit ons ’n ontwikkelingsplan vir daardie produk bymekaar, insluitend hoe om dit te ontgin. Is dit olie of gas? Met olie sal ons op die oppervlak van ’n pyplyn, of vragmotors, of die spoorlyn gebruik maak. Dis die een deel. Gas word meestal in elektrone omskep deur ’n gas-tot-kragaanleg te gebruik. Dis alles dinge waarna ons sal kyk, nadat ons die ontdekking gemaak het,” sê hy.
“Nie as nie, maar nadat ons daardie ontdekking gemaak het.”
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, was die eregas by die geleentheid en het gesê die Grondwet omskryf die wyse waarop die omgewing behandel moet word.
Betrokke wetgewing is van toepassing en hoewel mynbou ’n impak op die omgewing sal hê, moet dit aan die regulasies van die omgewingsbestuurswet voldoen.
Omgewingsbestuursplanne moet ingedien word om omgewingsklaring te verkry, sê die minister.
“Kom ons dring daarop aan dat alle mynmaatskappye hoë standaarde van omgewingsbestuur moet volg,” sê hy.
“Ons kan nie net op toesig staatmaak nie en die regering moet verseker maatskappye voldoen aan hul omgewingsbestuursplanne,” sê hy.
Hy sê wel dat die betrokke bewaringsamptenare waterpermitte uitgereik het, en as dit verkeerd was, moet die kwessie met die mense opgeneem word wat dit goedgekeur het.
“As ReconAfrica iets verkeerd doen, moet die omgewingsbestuurswet gevolg word,” sê hy.
Oor die hofsake, sê die minister dat die howe uitspraak sal lewer.
Me. Nillian Mulemi, uitvoerende hoof van Petrofund wat studiebeurse aan studente in olie- en gaskundigheid verskaf, was ook teenwoordig.
Volgens haar is 335 gegradueerdes opgelei, waarvan 163 meestersgrade verwerf het, 58 olie- en gasspesialiste is, en almal steeds in die land is.
Die fonds ondersteun tans 88 studente by Unam, Nust, die Internasionale Universiteit van Bestuursake, in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk.
ReconAfrica het ook N$1,2 miljoen aan Petrofund geskenk om vyf studente van Kavango-Oos, en vyf van Kavango-Wes se studies by Unam en Nust te betaal, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie