Regering verdeeld oor Namcor se rol
Alweendo verdedig mandaat
Die minister van myne en energie sê Namcor moet toegelaat word om ten volle aan die petroleumbedryf deel te neem, mits sy bedrywighede op standaard is.
Ogone Tlhage - Daar is glo interne verdeeldheid in die regering oor hoe die huidige probleme by die land se olie- semistaatsinstelling hanteer moet word.
Volgens ingeligte binnestanders het hoëvlakberaadslagings die afgelope paar maande plaasgevind oor die vraag of die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) se huidige mandaat gehandhaaf moet word.
Kritici dring glo daarop aan dat die semistaatsinstelling se kleinhandelmandaat van hom weggeneem moet word sodat hy uitsluitlik daarop kan fokus om homself in die stroomop-petroleumbedryf te vestig, veral met die onlangse olie-ontdekkings aan die Namibiese kus.
Daar is egter diegene wat voel Namcor moet nie daarvan weerhou word om aan die hele petroleumketting deel te neem nie.
Dit is die mening van die minister van myne en energie, Tom Alweendo, wat gesê het Namcor moet nie weerhou word van deelname aan óf die stroomaf- óf stroomop-petroleumbedryf nie.
Daar is aanduidings is dat die regering, op ministeriële vlak, aanvoer dat Namcor nie meer as ’n kleinhandelbrandstofverkoper bedryf moet word nie.
IS ALBEI MOONTLIK?
Alweendo het gesê as Namcor kan bewys dat hy in albei rolle kan uitblink, moet hy toegelaat word om in albei bedrywe te werk.
“Vir my is die eintlike vraag – as ’n nasionale oliemaatskappy – waarvoor moet Namcor bekend wees en waarmee moet hy goed wees? Kan hy beide stroomop en stroomaf ewe goed doen? Indien wel, goed en wel,” het hy gesê.
Volgens hom is dit noodsaaklik dat Namcor volgens goeie standaarde bestuur word.
“Al wat belangrik is, is dat ons ’n finansieel sterk en goed bestuurde Namcor onder goeie leierskap nodig het; veral noudat ons as ’n land op die drumpel is van iets baie besonders ná die ontdekking van olie en gas,” het Alweendo gesê.
HOOGS MEDEDINGEND
Volgens Shiwana Ndeunyema, die waarnemende besturende direkteur, is Namcor tans “in die proses om sy sakestrategie te hersien, veral gegewe die afwesigheid van ’n duidelike vestigingswet”.
“Ons oorweeg noukeurig alle opsies rakende ons stroomafbedrywighede, aangesien dit ’n hoogs mededingende sektor is,” het hy bygevoeg.
“Ons verbintenis tot winsgewendheid strek verder as die stroomaf-sektor. Namcor ondersoek aktief geleenthede in volhoubare energieë en ander strategiese sektore. Ons glo daarin om ons portefeulje te diversifiseer om langtermyn sukses te verseker en positief tot Namibië se energielandskap by te dra,” het Ndeunyema gesê.
NETWERKE
Namcor het die stroomaf-sektor in 2017 betree.
Die Brandstof en Franchisevereniging (Fafa) het in Augustus verlede jaar gesukkel met Namcor se teenwoordigheid in die stroomaf-sektor as beide reguleerder en operateur van brandstofstasies.
“Die regering is ’n reguleerder in die brandstofbedryf. Hulle besluit waar, wanneer en met wie jy sake kan doen. Nou maak hulle [Namcor] ’n perseel reg oorkant ’n ander kleinhandelperseel oop. Die vraag is: Hoe is dit beoordeel? Is dit nie ’n botsing van belange nie?” het Hennie Kruger, die voorsitter van Fafa, destyds gevra.
Namcor het sedertdien 15 diensstasies regoor die land gevestig en die oprigting van verskeie persele aangepak wat geskeduleer is om later vanjaar voltooi te word.
Dit kom midde Namcor se mikpunt om 33 operasionele diensstasies teen die einde van 2024 op te rig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie