Rykes sal baat by groen waterstof
Navorser deel verstommende syfers
Die groenwaterstofbedryf benodig miljarde se beleggings, maar beloof groot opbrengste en talle werksgeleenthede, dalk net nie vir die armste Namibiërs nie.
Namibië se nuwe groenwaterstofbedryf benodig reusebeleggings oor die volgende ses jaar tot 2030 en sal ongelooflike opbrengste bied.
Só het Mwala Lubinda, ’n navorser vir Monasa Advisories, adviseurs vir verskeie verwante projekte, gesê.
Dié vooruitsig is Maandag gedeel by ’n geleentheid vir die beoordeling van groen waterstof se sosioëkonomiese voordele by die Avani Hotel in die hoofstad.
Die regering se groenwaterstofprogram saam met die Namibië Statistiekagentskap (NSA) en die Bank of Namibië (BoN) het kundiges genooi om insigte met die publiek te deel.
Oor die totale beleggingstydperk van ses jaar raam Lubinda dat 102 000 werksgeleenthede geskep sal word. Hy verwag ’n verdere 30 000 werksgeleenthede per jaar in die daaropvolgende bedryfstydperk.
Ongelukkig sal slegs 1,5% van hierdie poste beskikbaar wees vir werknemers sonder vaardighede, volgens sy verwagtinge.
Lubinda verwag dat tot 39,5% van groenwaterstof-werksgeleenthede beskikbaar sal wees vir halfgeskoolde arbeid, en byna 60% vir geskoolde arbeid. Hy verwag verder dat groen waterstof direk verantwoordelik sal wees vir 87% van die nuwe werksgeleenthede, met 8% in die spoorwegsektor, 3% by hawens en 2% in die elektrisiteitsbedryf.
Dr. Eline van der Linden het namens die groenwaterstofprogram gesê Namibiërs moet waak teen onrealistiese verwagtinge.
“In Namibië is werkloosheid struktureel en toegang tot hierdie werksgeleenthede sal nie onmiddellik beskikbaar wees vir die ongeskooldes en diegene wat nie hulpbronne het nie,” sê sy.
Lubinda raam dat huishoudings se inkomste oor die beleggingstydperk met N$99,4 miljard sal styg, alhoewel, weens die struktuur van die Namibiese ekonomie, is tot 58% hiervan vir die rykste stedelike huishoudings bestem.
“Natuurlik sal dit jou hoë-inkomstehuishoudings in stedelike en landelike gebiede wees wat voordeel daaruit sal trek,” sê hy.
“Dit is die werklikheid in Namibië, hoë-inkomste-ongelykheid,” sê hy.
Lubinda hoop dat die insig wat sy ontleding verskaf, sal lei tot proaktiewe beleide om hierdie kwessies vroegtydig te takel.
Die armste plattelandse huishoudings kan uitsien na 1% van die nasionale groenwaterstofopbrengs, terwyl die armste stedelike gesinne na verwagting sowat 2% van die bykomende inkomste sal kry.
Gedurende die daaropvolgende jare van gevestigde groenwaterstofbedrywighede, ná 2030, sal huishoudelike inkomste na verwagting jaarliks met N$87,9 miljard toeneem, alhoewel, 59% daarvan deur die rykste stedelike huisgesinne geniet sal te word, volgens die navorser.
Die armste landelike huishoudings kan wel dan na 2% van die bykomende inkomste uitsien.
Van der Linden sê egter: “In Namibië deel ons,” en sy verwag dat lede van huishoudings die inkomste met mekaar sal deel.
“Die regering sal ook van sy verwagte inkomste en groter fiskale ruimte gebruik kan maak om die maatskaplike veiligheidsnet uit te brei en te versterk.
“Miskien sal ons ’n werkloosheidsvoordeel of ’n (universele) basiese inkomstetoelaag kan oorweeg,” sê sy.
Volgens Lubinda sal beleggings van N$173 miljard vir groenwaterstofverwante infrastruktuur nodig wees, asook N$16 miljard vir spoorwegontwikkeling, N$6 miljard om Namibië se hawens op te gradeer, en N$3,4 miljard vir die elektrisiteitsektor.
Oor die volgende ses jaar sal die ontluikende bedryf se beleggingstydperk wees, gevolg deur ’n operasionele tydperk wanneer die verwante groenwaterstofbesighede gevestig word.
Teen 2030 verwag Lubinda dat daar reeds N$110 miljard se waarde deur die nuwe groenwaterstofbedryf geskep sal word.
Intussen sal die toename in nodige spoorwegbelegging, teen N$16 miljard, minstens 55% vir konstruksiekoste wees.
“Dit is goeie nuus vir ingenieurs,” sê hy.
Om die hawens op te gradeer, sal konstruksie tot 72% van die nodige belegging vereis.
– [email protected]

Kommentaar