Sonkrag vir uitvoer

125 MW-aanleg kom buite Warmbad
'n Onafhanklike kragverskaffer wil elektrisiteit buite Karasburg opwek vir uitvoer na die SADC-streek.
Augetto Graig
Emesco Energy Namibia beplan om US$107 miljoen, of sowat N$2 miljard, te belê om vir die volgende 25 jaar sonkrag na buurlande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) uit te voer.

Schonau Solar Energy is ’n 125 MW-sonplaas, naby Warmbad in die Karasburg-omgewing, wat spesifiek vir kraguitvoere ontwikkel word.

Die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) het verlede week in Windhoek aangekondig dat Schonau amptelik as voorwaardelike lid aanvaar is.

Die projek word gevolglik in die streekwye elektrisiteitsmark toegelaat. Schonau se lidmaatskap is een van net vier wat sedert April vir die eerste keer toegeken is, en laat toegang tot die mark vir vyf jaar toe.

Dié aankondiging is tydens die konferensie op toegang tot die SAPP en die Namibiese gewysigde enkelkopermark gemaak.

Die gewysigde enkelkopermark laat onafhanklike kragverskaffers en sekere grootmaat-kliënte toe om direk met mekaar handel te dryf vir ’n gedeelte van die kliënte se kragaanvraag. Dit laat ook onafhanklike kragopwekking spesifiek vir uitvoer toe.

Die SAPP bestaan sedert 1995 en sluit in Namibië, Suid-Afrika, Lesotho, Eswatini, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) – wat elk hoofsaaklik deur die spesifieke land se nasionale kragnutsmaatskappy verteenwoordig word.

Alison Chikova, die SAPP se hoofingenieur vir beplanning en bedrywighede, het gesê: “Die SAPP se voorwaardelike lidmaatskap vir markdeelnemers is in April 2023 bekend gestel. Schonau Solar Energy is een van vier wat vanaf 28 Augustus 2023 voorwaardelike lidmaatskap toegeken is.”

Pieter Rossouw, die kommersiële direkteur van Emesco, het gesê: “Ons wil SAPP bedank vir hul vertroue in Schonau Solar Energy met sy toekenning van voorwaardelike lidmaatskap en sien daarna uit om deel van die SAPP-kragmark te wees.

“Voorwaardelike lidmaatskap is ’n belangrike mylpaal wat Emesco ’n stap nader aan die verwesenliking van sy visie bring om ’n sleutelrol in Namibië te speel om ’n netto uitvoerder van energie te word.

“Ons is dankbaar teenoor die Namibiese Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) vir die ontwikkeling van die raamwerk wat ons tot hierdie punt gelei het, en moedig ander SAPP-lidlande aan om soortgelyke maniere van marktoegang aan te neem, wat belegging in volhoubare energie-oplossings oraloor die SADC-streek sal aanmoedig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!