Stampriet-geologie: Die ondergrondse water

Promosie-artikel
Die ondergrondse geologie onder die Kalahari-sand is ’n afwisselende opeenvolging van lae poreuse waterdraende sandsteen, die akwifere (aangedui in oranje en geel), en nieporeuse, watervrye modderstene (grys).

Geel lae is artesies, wat beteken dat die watervlak in ’n boorgat styg en selfs op die oppervlak kan uitvloei soos op plekke in die Auob- en Nossob-riviervalleie. Die ondergrondse lae strek tot in Botswana en Suid-Afrika.

Die diepste waterdraer, die 25 m-dik Nossob-formasie, het beperkte opbrengste en die water verswak in kwaliteit in ’n suidwaartse rigting.

Die sterkste en hoof-waterdraer bestaan uit die drie sandsteenlae van die Auob-formasie. Dit wissel van 25 m tot 185 m in dikte.

Die Auob-formasie verskaf al die drinkwater vir die dorpe van Leonardville tot Suid-Afrika en van Stampriet tot Botswana. Dit verskaf ook al die goeie gehalte water vir besproeiing. Heelwat plase verkry water van wisselende gehalte uit die oranje Neu Loore-formasie-sandstene en die Kalahari-sand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!