No Image Caption

Taxi's gaan staak, sê vakbond

Lede van die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) begin op 26 Julie in Windhoek staak en voorsien dié stap sal tot ‘n landswye staking lei.

Die president van die NTTU, mnr. Werner Januarie, sê die vakbond dring op ‘n tariefverhoging van 40% aan.

Die vakbond het Maandag per brief die minister van vervoer, mnr. John Mutorwa, die streekbevelvoerder van Khomas en die munisipaliteit van Windhoek oor hul plan ingelig.

Volgens Januarie het die NTTU reeds in Maart ‘n brief aan Mutorwa gerig waarin ‘n tariefverhoging versoek is. Volgens hom het hulle geen terugvoering ontvang nie.

Taxitariewe is minstens twee jaar laas aangepas. Brandstof is nie die bedryf se enigste uitgawe nie. Instandhouding van taxi’s is ook duur en tans lei die bedryf groot verliese.

“Dis asof ons ‘n liefdadigheidsorganisasie bestuur, nie ‘n besigheid nie,” sê Januarie.

Sou die staking landswyd uitbrei, gaan derduisende taxi’s betrek word, meen hy.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer