Uitbreiding kan 'koloniale geskiedenis uitwis'
Massagrafte geïdentifiseer
'n Onlangse ondersoek toon dat die beplande uitbreidings die integriteit van die argeologiese rekord by Shark-eiland bedreig.
Die nuutste ondersoek by Shark-eiland toon glo potensiële massagrafte in die gebied en het bevind dat die regering se planne om die hawe uit te brei, belangrike koloniale geskiedenis kan uitwis.
Shark-eiland was 'n voormalige konsentrasiekamp in Namibië en waar Duitsland nou beplan om 'n groenwaterstofaanleg op te rig.
“Die integriteit van die argeologiese rekord by Shark-eiland word bedreig. Tussen 1 000 tot 3 000 Herero- en Nama-gevangenes het hier gesterf. Ons ontleding toon dat hierdie uitbreiding argeologiese spore van die historiese konsentrasiekamp, waar gevangenes aangehou en tereggestel is, sal uitwis. Daar is ook vrese dat die geïdentifiseerde massagrafte in die pad is van nuwe infrastruktuur wat sal nodig wees vir 'n groot groenwaterstofprojek, soos voorgestel deur Hyphen en wie se meerderheidsaandeelhouer die Duitse maatskappy Enertrag SE is,” het Forensiese Argitektuur (FA) in ’n verklaring gesê.
Die navorsers het opgemerk dat bestaande moderne infrastruktuur in die area – insluitend toeristegeriewe, monumente vir Duitse koloniste, paaie en kommersiële infrastruktuur – bo-oor die voormalige konsentrasiekamp gebou is wat Shark-eiland se historiese betekenis in die gedrang bring.
UITBREIDING
Die bevindings toon dat die voorgestelde uitbreiding van Lüderitz-hawe die risiko inhou dat die rusplek van baie Nama en Ovaherero wat daar gesterf het, versteur sal word. Die buitewyke van Lüderitz is glo besaai met talle grafplekke, waarskynlik van voormalige gevangenes. Volgens Ground Penetrating Radar (GPR)-skanderings sal ten minste een van hierdie grafte moontlik ’n massagraf wees.
Sedert 2022 werk die FA saam met die Ovaherero tradisionele owerheid (OTA) en die Vereniging van Nama tradisionele leierskap (NTLA) om die Duitse koloniale era-volksmoord tussen 1904 - 1908 in die huidige Namibië na te vors.
Die projek ondersoek die konsentrasiekamp van Shark-eiland in Lüderitz, wat tussen 1905 en 1908 in werking was tydens die volksmoord wat deur Duitse koloniste teen die Nama en Ovaherero gevoer is. Die ondersoek gebruik mondelinge geskiedenis, argiefmateriaal, driedimensionele digitale modellering en die nuutste argeologiese ontleding om die kamp se uitleg te rekonstrueer.
VOLKSMOORD
Die Ovaherero en Nama tradisionele owerhede is gekant teen die planne om die hawe uit te brei en beklemtoon dat Shark-eiland belangrik is om die Nama en Ovaherero-volksmoord te onthou.
“Shark-eiland toon 'n landskap en 'n geskiedenis van menslike lyding. Dit moet erken word as 'n plek van wêrelderfenis en as bewys van die wrede en metodiese ontkenning van die menswaardigheid van die Nama- en Ovaherero-mense tydens Duitsland se eerste volksmoord.
"Enige verdere inmenging met hierdie landskap is 'n ontkenning van ons menswees. As afstammelinge van die oorledenes, eis ons dat alle verdere industriële of ontspanningsaktiwiteite rondom Shark-eiland onmiddellik gestaak word. Ons eis dat die betrokke owerhede saam met ons werk om die heiligheid van Shark-eiland ten alle koste te beskerm.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie