Uraan in ondergrondse waterdraers
Promosie-artikel (Dag 7)
In droë, halfwoestynlande soos Namibië het die meeste plattelanders en selfs inwoners in verskeie dorpe slegs grondwater om te drink en mee te boer. Is hierdie water veilig om te drink?
Alle grondwater bevat opgeloste uraan en radionukliede, maar met ’n paar plaaslike uitsonderings is die hoeveelhede so klein dat dit inpas by die veilige riglyn vir drinkwater soos voorgestel deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) – minder as 30 milligram opgeloste uraan per ton water (30 mg/t).
Dit is die geval met die drinkwater in die Stampriet- artesiese kom. ’n Uitsondering geld vir water binne ondergrondse uraan-ertsliggame. Dit is giftig omdat die hoeveelhede opgeloste uraan en radionukliede ver bo die WHO se veilige riglyne is. Gelukkig strek die hoë vlakke van toksisiteit nie meer as ’n paar honderd meter van die rand van ’n ertsliggaam af nie.
Die meegaande skets illustreer hoë uraanvlakke binne ’n uraanertsliggaam en vlakke onder 30 mg/t in die res van die akwifer. In situ-logingsmynbou verander egter die prentjie heeltemal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie