Uraanprojek wag tot pryse styg
Die finale jawoord vir Deep Yellow se Tumas-uraanprojek in die Erongostreek is op ys geplaas, terwyl die maatskappy wag vir globale uraanpryse om hoog genoeg te styg om nuwe mynprojekte finansieel die moeite werd te maak.
Die maatskappy het aangekondig terwyl hy voortgaan met beplanning en vroeë infrastruktuur, sal die bou van die hoof-verwerkingsaanleg vir uraan eers vertraag word.
Die volle ontwikkeling van die projek sal volgens Deep Yellow daarvan afhang of uraanpryse ’n vlak kan bereik wat werklik die koste van die bou van nuwe myne van nuuts af kan ondersteun.
Die finale goedkeuring vir die projek sal vervolgens vertraag word totdat uraanpryse ’n volhoubare aansporingsomgewing ten volle weerspieël wat noodsaaklik is om die ontwikkeling van nuwe projekte vir broodnodige bykomende produksie aan te moedig, het John Borshoff, Deep Yellow se besturende direkteur, verduidelik.
Die maatskappy het reeds bevestig dat die projek sterk potensiaal op die lang termyn het, met onlangse werk wat toon dit kan een van die waardevolste uraanmyne in die wêreld word. Teen huidige prysberamings het die projek ’n potensiële waarde van US$577 miljoen (sowat N$11,1 miljard) ná belasting, met aanvangskoste van
US$474 miljoen (N$9,1 miljard).
“Hoewel die Tumas-projek teen huidige langtermyn-uraanpryse ekonomies is, weerspieël of ondersteun hierdie pryse nie die enorme hoeveelheid produksie wat aanlyn gebring moet word om aan die verwagte aanvraag te voldoen nie,” het Borshoff gesê.
Volgens hom sukkel die wêreldwye uraanmark al jare lank, met pryse wat te laag bly om nuwe projekte te ondersteun.
Nutsmaatskappye – maatskappye wat kernkragaanlegte bedryf – was ook traag om nuwe ooreenkomste vir verskaffing te onderteken, wat sou help om myne soos Tumas van die grond af te kry.
Deep Yellow sê hoewel die maatskappy nie nou met konstruksie voortgaan nie, hy steeds vorentoe in ander gebiede beweeg. Die maatskappy gaan voort met gedetailleerde ontwerpwerk, sowel as om die perseel voor te berei vir toekomstige konstruksie. Die maatskappy beplan ook om voort te gaan om finansiering te bekom.
Die projek word ontwikkel deur Reptile Uranium Namibia, ’n plaaslike filiaal van Deep Yellow. Sedert eksplorasie onder Borshoff se leierskap in 2016 begin het, het die projek se beraamde hulpbronne vir uraan meer as vervierdubbel. Dit hou tans meer as 132 miljoen pond uraanoksied.
Deep Yellow het sowat A$227 miljoen (N$2,7 miljard) in kontant, wat hom in ’n gunstige posisie plaas om te wag totdat marktoestande verbeter.
Kenners sê die vraag na uraan sal na verwagting skerp in die komende jare styg. Dit sal aangedryf word deur lande wat daarop gefokus is om die vrystelling van koolstof te verminder, kragverbruik wêreldwyd uit te brei, asook ’n groeiende behoefte aan kraghonger datasentrums.
Terselfdertyd is daar net ’n paar nuwe uraanmyne wat ontwikkel word, wat toekomstige verskaffing onseker maak.
“Ons glo ons rolspelers is geduldig en sal verkies dat ons waarde tot die maksimum verhoog, eerder as om na die mark te storm,” het Borshoff gesê.
“Ons sal voortgaan om die risiko van die projek deur ’n gefaseerde ontwikkelingsbenadering te verminder.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie