EXCHANGE PROGRAMME: A Namibian delegation at the Karatay mine in the Turkistan Province in Kazakhstan. PHOTO: CONTRIBUTED
EXCHANGE PROGRAMME: A Namibian delegation at the Karatay mine in the Turkistan Province in Kazakhstan. PHOTO: CONTRIBUTED

Uranium One beloof ‘geen besoedeling’

Sal watermonsters in Stampriet-akwifer gereeld toets
Boere en tradisionele leiers sal na verwagting deel vorm van die volgende besoek aan Kazakstan as deel van Uranium One se konsultasieproses.
Ogone Tlhage
OGONE TLHAGE

Headspring Investment sê hy sal gereeld watermonsters in die Leonardville-omgewing laat toets sodra hy die groenlig gekry het om – deur sy filiaalmaatskappy Uranium One – uraan te ontgin deur ’n mynproses bekend as in situ-loging.

Die maatskappy is tans besig met eksplorasieboorwerk naby Leonardville midde vrese dat dit ondergrondse waterbronne kan besoedel indien die maatskappy toestemming kry om uraan in die gebied te ontgin.

Uranium One het verskeie joernaliste na die Turkistan-provinsie in Kazakstan genooi waar hy betrokke is by verskeie gesamentlike projekte met plaaslike vennote. Namibiese joernaliste is na die maatskappy se Karatay-myn geneem in die provinsie waar dit tans besig is met aktiewe in situ-mynbou in ‘n 50-50%-ooreenkoms met die Kazakstanse regering.

Sou die maatskappy die groenlig kry, sal dit die eerste in situ-mynbouprojek op die Afrikavasteland wees. Die proses behels die inspuiting van ’n suur- of alkaliese vloeistof om ondergrondse uraan op te los en die oplossing word weer opgepomp voor die uraan in ’n aanleg verwerk word en die vloeistof weer teruggepomp word.

SOORTGELYKE ERTSLIGGAME

Tydens ‘n vraag- en antwoordsessie met die mynbestuur het beamptes hul versekering gegee dat die beplande mynmetode veilig is en gereeld gemonitor sal word.

“Ons sal ‘n soortgelyke benadering in Namibië toepas – ons sal twee tipes monitering hê, een tydens boorwerk in die ertsliggaam en die ander in die waterdraer. Selfs al is daar besoedeling, sal dit afgaan en nie opkom tot by die myngebied nie. Die waterdraer sal nie besoedel word nie. Die bron-akwifer is soos Namibië, dit is bo die loongrond,” het Karatay LLP se bestralings- en omgewingsingenieur, mnr. Mikhail Zaika, gesê.

Die mynbestuurder, mnr. Rauan Utetileuov, het gesê die water sal gereeld getoets word om te verseker dat besoedeling vroegtydig opgespoor kan word sodra dit voorkom.

“Wat ons kan doen is om seker te maak ons neem watermonsters van elke waterbron in die gebied waar ons myn na derdeparty-laboratoriums vir toetsing om seker te maak mense drink skoon water,” het hy gesê.

GEREELDE TOETSE ‘NIE VERPLIGTEND’

Hoewel die gereelde toetsing van water nie verpligtend is in Namibië nie, sal die maatskappy uit sy eie sak daarvoor betaal om vertroue in sy voorgestelde mynproses te bou.

“Die gereelde toetsing van watermonsters word nie verplig deur die Namibiese wet nie – dit sal ons eie inisiatief wees. Ons sal op eie koste verseker dat daar geen besoedeling is nie,” het Utetileuov gesê.

Tydens die besoek aan die myn moes joernaliste ooreenkomste van nie-openbaarmaking onderteken en kameras en ander opnametoestelle by die veiligheidshek los. Die myn het gesê dié stap is genoodsaak deur die behoefte daaraan om sy intellektuele eiendom te beskerm.

Boere en tradisionele leiers sal na verwagting deel vorm van die volgende besoek aan Kazakstan terwyl ‘n interministeriële komitee die besoeke aan dié land sal afrond as deel van Uranium One se konsultasieproses.

[email protected]

Kommentaar

Magriet H 2 Jaar Gelede 19 September 2022

Bla Bla lieg...

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!