Vakbond kap na NamPower, ECB
Tot 71,2% van krag word ingevoer
Volgens Tucna het NamPower misluk in sy mandaat om krag plaaslik op te wek.
Die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, het verlede week uitgevaar teen die nasionale kragverskaffer en die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) oor aanhoudende prysverhogings vir kragtoevoer in Namibië. Volgens hom het NamPower misluk in sy mandaat om krag vir Namibië op te wek en versprei die verskaffer eerder elektrisiteit wat meestal vanaf die buiteland ingevoer word. Intussen pas die ECB gedurig pryse vir krag opwaarts aan om direkteurs en hooggeplaate beamptes se hoë salarisse te kan dek, sê Kavihuha.
Kavihuha het verwys na statistiek wat die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) beskikbaar gestel het wat toon dat NamPower in 2022 tot 32% van Namibië se elektrisiteitsvraag uit Zambië ingevoer het, 18% vanaf Eskom in Suid Afrika en 9% van Zimbabwe. Plaaslik is 24% by die Ruacana-hidrokragstasie opgewek, wat reeds in 1981 gebou is. “Sedert onafhanklikheid het NamPower geen merkwaardige bydrae tot Namibië se kragopwekking gelewer nie,” voer hy aan. Volgens die statistiek voer Namibië tot 71,2% van sy krag in. Onafhanklike kragopwekkers en ander NamPower-aanlegte, insluitend Anixas in Walvisbaai en die sonplaas naby Omaruru, dra maar 9% by.
“Die mees belemmerende aspek is die tekort aan bewyse wat sou aandui wat ons instansies verantwoordelik vir kragvoorsiening doen, en of wat ook al hulle wel doen naastenby genoeg is om die leemtes in die gebied van plaaslike kragopwekking te vul,” sê hy. Hy sê optrede is nodig met betrekking tot plaaslike kragopwekking en solank dinge aangaan soos nou, sal Namibië voortdurend meer moet betaal.
Kavihuha dring aan dat NamPower meer moet doen en het ook ’n beroep op die ECB gedoen om elke aansoek vanaf kragverspreiders vir prysverhogings openbaar te maak. “Laat ons sien hoe hulle die verhogings regverdig. Dalk sal ons sien en verstaan hoekom dit nodig is. Hulle is openbare instansies wat aan ons behoort en hulle moet ons toelaat om die aansoeke te sien en insette te lewer,” voer hy aan. “Die ECB kan nie net NamPower se mislukking duld deur aanhoudend pryse te verhoog nie,” sê die vakbondleier.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie