Verdere omgewingsklaring vir Recon
Shifeta ‘ignoreer’ plaaslike gemeenskappe
Die omgewingsminister het sedert einde Mei versuim om op gemeenskapsverteenwoordigers in die Kavango-gebied en burgerregte-organisasies se besware teen ReconAfrica se voortgesette eksplorasieprojek te reageer.
Frank Steffen - Die Kanadese gas- en olie-eksplorasiemaatskappy Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het Woensdag in ‘n verklaring op sy webwerf aangekondig dat die Namibiese omgewingskommissaris se kantoor by die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ‘n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) vir die petroleumeksplorasielisensie nommer 73 uitgereik het. Die goedkeuring beteken dat hulle teoreties ‘n bykomende 12 boorgate kan boor.
Minister Pohamba Shifeta het verteenwoordigers van plaaslike inwoners in die Kavango-gebied voorheen belowe dat hy sy besluit oor hul besware teen die uitbreiding van ReconAfrica se projekte voor einde Mei sal bekend maak, maar pleks daarvan is verdere goedkeuring nou aan die mynmaatskappy verleen.
Terwyl die talle gemeenskapsverteenwoordigers en burgerregte-organisasies “aan ‘n lyntjie gehou word”, het ReconAfrica nou die groen lig gekry om teoreties ‘n bykomende 12 boorgate te boor.
MINISTERIE REAGEER
Die omgewingsministerie het Vrydag ‘n verklaring uitgereik waarin omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê konsultasies is gedurende Januarie en Februarie vanjaar onderneem. Dié konsultasies was hoofsaaklik tussen belanghebbendes en geaffekteerde partye, soos plaaslike gemeenskappe - waaronder grondeienaars en tradisionele owerhede.
“Gebaseer op – onder andere – verslae oor die ingediende omgewingsimpakstudie (EIA) en omgewingsbestuursplan, die vorige studies wat sedert 2018 in die gebied gedoen is, is die kantoor van die omgewingskommissaris deur ‘n sistematiese assessering oortuig dat die potensiële negatiewe impak op die omgewing en gekoppelde ekosisteme laag en hanteerbaar sal wees en verder versag kan word.”
Die goedkeuring van die ECC vir Recon is glo gedoen op grond van nasionale wette, regulasies en regeringsraamwerke wat geskep is met die sleutelverantwoordelikheid om verskeie aspekte van olie- en gaseksplorasie en -produksie, omgewingsaspekte, water, voorkoming van lugbesoedeling, gesondheid, en arbeid te bestuur, asook ander indirekte wette wat verband hou met die ondersteunende dienste en ingenieurswerke.
MAKSIMUM VER OORSKY
Dit is ver verwyder van die beloftes wat ReconAfrica en die omgewingsministerie vroeg in 2020 gemaak het, toe daar gesê is ’n maksimum van twee toetsboorgate sal geboor word.
“Die ECC gee ReconAfrica toestemming om vanaf 4 Julie 2023 tot 4 Julie 2026 ‘n bykomende 12 eksplorasieboorgate tot op onbeperkte diepte in die Kavango-kom van Namibië te boor. Die hoofdoelwit van die komende boorprogram is om te toets vir kommersiële hoeveelhede petroleum en/of aardgas en aardgasvloeistowwe wat in die eerste drie stratigrafiese toetsboorgate geïdentifiseer is,” sê ReconAfrica.
Die fokus vir die derde- en vierde kwartaal van 2023 sal wees om “die prospekteervoorraad te ontwikkel en die uitvoering van ‘n multi-boorprogram te prioritiseer” - wat die beweerde hoofafsettings in die Damara orogeniese gordel en Karoo-skeurvallei teiken.
In ‘n verklaring gedateer 26 Junie 2023 het ReconAfrica blykbaar ’n heroorweging aangekondig.
Volgens sy vorige aandelebeurskatalogusse en vorderingsverslae soek hulle sedert 2019 na een van die grootste oorblywende oliereserwes in die Kavangostreke, maar onlangs is daar net sprake van potensiële gasafsettings. Intussen is ‘n verdere ReconAfrica-prospektus gedateer 26 Junie nou bekend, wat as ‘n “korporatiewe voorlegging” vir die Kavango-kom in Namibië en Botswana aangebied word.
Daarin praat die eksplorasiemaatskappy van die “ontwikkeling van ‘n nuwe sedimentêre kom met die bewese teenwoordigheid van olie en gas”, maar verduidelik dan verder: “Hierdie dokument bevat nie ’n volledige openbaarmaking van alle wesenlike feite met betrekking tot die sekuriteite wat aangebied word nie. Beleggers moet die voorlopige prospektus, die finale prospektus en enige aanvulling wat hierdie feite openbaar, veral die risikofaktore wat verband hou met die sekuriteite wat aangebied word, lees voordat enige beleggingsbesluit geneem word.”
Die woord “olie” kom slegs vier keer in die dokument van agt bladsye voor. Dit verwys slegs een keer na beweerde olie-afsettings; andersins handel die dokument slegs oor gasafsettings.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie