Verligting vir petrolverbruikers

Verbruikers met petrolaangedrewe voertuie kan uitsien na ’n prysverligting wanneer die petrolprys môre met N$1 per liter daal. Die prys van diesel bly egter onveranderd. Die ministerie van myne en energie het gister die nuwe brandstofpryse aankondiging. Die prys van petrol is tans N$20,08 per liter aan die kus en diesel N$22,12 per liter.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer