Vroeë sukses vir groen waterstof
Minder as 10% van beurshouers vir opleiding om in die komende groenwaterstofbedryf te werk is van die ||Kharas- en Hardapstreek, volgens Obed Kandjoze, die voorsitter van die groenwaterstofraad en direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie.
’n Inisiatief vir ’n waterstofprojek in die suidelike korridor van die Tsau //Khaeb Nasionale Park (SCDI) is in samewerking met Hyphen Hydrogen Energy ontwikkel.
Onder verteenwoordiging van inwoners van plekke waar reuse- groenwaterstofontwikkeling beplan word, is die rede waarom Hardap- en die ||Kharasstreek elk ’n miljoen euro toegeken is, om leerlinge te bemagtig om graad 12 goed te slaag.
“Dit is dus nodig om doelbewuste pogings aan te wend om te verseker dat die twee streke voldoende verteenwoordig word,” het hy gesê.
Dit word gefinansier uit die oorblywende beursfondse ter waarde van twee miljoen euro, uit die aanvanklike beursbegroting van vyf miljoen euro, brei hy uit.
In 2022 is 93 beurse toegeken en 90 in 2023, met net meer as 1 000 aansoeke in die eerste jaar en 4 363 aansoeke vanaf al 14 streke in 2023, soos deur die adjunkminister van hoër onderwys, Natalia /Goagoses, bevestig het.
Die eerste groep van 49 meestersgraadstudente vertrek vroeg volgende maand na Duitsland, om hul studies daar voort te sit met ’n uitruilgeleentheid.
Kandjoze was gister die hoofspreker by die opening van die groenwaterstofsimposium in Windhoek, wat tot môre sal duur.
Kandjoze sê toetsprojekte vir groenwaterstof werp vrugte af en die oesmandjies loop reeds oor.
Wyle president Hage Geingob het die saadjie reeds sowat drie jaar gelede geplant, met die ooreenkoms met Duitsland se BMBF-navorsings- en volhoubare ontwikkelingsorganisasie, ter waarde van 40 miljoen euro (sowat N$820 miljoen) in Augustus 2021.
Meer onlangs het die Nederlandse regering verlede jaar nog 40 miljoen euro in die SDG Namibia One-fonds vir groenwaterstofontwikkeling belê, voeg hy by.
Hy praat oor die “onderwys-oes” uit saadgeld ter waarde van N$100 miljoen wat aan die opleiding en opvoeding van jong Namibiërs bestee is.
Verder pak die regering beroepsopleiding spesifiek vir die suidelike streke aan, om te verseker dat Namibië plaaslike kapasiteit oor alle demografieë opbou, voordat massiewe SCDI-projekte afskop, sê hy.
Die “oes” sluit ook die belofte van die toetsprojekte in. Kandjoze sê 30 miljoen euro is toegeken aan die projekte wat gekies is.
In Augustus 2022 is vier goedgekeur en drie van die projekte is later onderteken.
Die Daures Green Hydrogen Village sal na verwagting sy eerste groen waterstof en ammoniak teen Julie vanjaar vervaardig, sê Kandjoze, en dat sedert November verlede jaar meer as 200 werksgeleenthede daar geskep is.
Met meer as 100 ton “groen” ammoniak moet die projek kunsmis maak en meer as 400 ton tamaties verbou.
Hy sê die Wêreldvoedselprogram (WFP) en Agribusdev het reeds belangstelling in plaaslik vervaardigde kunsmis van Daures getoon.
Die tweede projek is ’n gesamentlike vennootskap met die Ohlthaver & List-groep en CMB.Tech, genaamd Cleanergy Hydrogen Facility and Academy.
Sy 5 MW-sonkragpark strek oor tien hektaar en voer krag aan ’n 4 MW-elektroliseerder met ’n 5 MWh-battery.
Daarmee sal Cleanergy waterstof vervaardig om by sy unieke vulstasie aan te bied, of dit per pypleiding na die hawe vervoer.
Kandjoze sê meer as 100 Namibiërs werk tans daaraan om hoëdruktenks op die perseel in die Erongostreek op te rig. Hy verwag die eerste produksie teen die derde kwartaal van vanjaar.
Verder het Kandjoze by die geleentheid aangekondig dat die kontrak vir die ontwikkeling van die HyRail-projek met TansNamib, Hyphen Technical en CMB.Tech onderteken is.
Die Universiteit van Namibië (Unam) is ook ’n vennoot, sê hy.
Die HyRail-projek beoog om ’n lokomotief aan te pas om beide diesel en waterstof as brandstof te kan gebruik. Met werk wat later vanjaar moet begin, sal die aanpassing na verwagting teen die einde van 2025 geïmplementeer word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie