Xinfeng lamgelê
Die omstrede Chinese litiummynbouer Xinfeng (Namibia) International, ’n filiaal van Tangshan Xinfeng Thermoelectricity Co, se litiumverwerkingsaanleg ter waarde van N$600 miljoen en oopgroefmyne buite Uis staan glo sedert Maandag 18 November ledig.
Sowat 180 werknemers is na bewering van daardie Maandag af tot Woensdag 20 November in drie groepe afgedank.
Dit volg ná die mynkommissaris, Isabella Kandjii-Chirchir, se besoek aan die myn die vorige Saterdag en haar bevinding dat die bedrywighede by die Ringman-oopgroefmyn glo onwettig is. Sy het beveel dat die bedrywighede gestaak word.
Hoewel sy by navraag nie oor die kwessie wou uitbrei nie omdat dit glo ’n sensitiewe saak is, het sy wel bevestig dat die Longfire-kleims en dié aanleg nie direk deur haar opdrag geraak word nie.
Voorheen het die oopgroefmyn op twee van Longfire Investments se mynkleims litiumerts aan die verwerkingsaanleg verskaf. Bronne na aan die operasionele bedrywighede sê egter die Longfire-oopgroefmyn, sowat 10 km vanaf die Ringman-litiumafsetting, is te diep gegrawe en dat die litiumhulpbron in dié opgroefmyn opgedroog het. Gevolglik is die totale arbeidsmag na die Ringman-myn ontplooi ondanks die feit dat die papierwerk vir dié myn nog nie in orde was nie, beweer die bron.
Sonder die voorsiening van erts aan die rotsbreker en die aanleg kon die produksie van litiumkonsentraat nie voortgaan nie. Tussen 13 000 en 15 000 ton konsentraat wag nog om uitgevoer te word.
“Toe tjop almal af, van A tot Z,” vertel die bron.
SKANDAAL
Ringman is die myn ter sprake in die skandaal rondom Orange River Mining se kleim wat Xinfeng vir N$50 miljoen gekoop het en waaroor verlede jaar in die plaaslike media berig is.
Betrokke amptenare van die ministerie van myne en energie het kort daarna bedank en ’n ondersoek is deur die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) van stapel gestuur.
Xinfeng was ook gedurende 2023 in die nuus omdat hy na bewering onverwerkte litiumerts in stryd met ’n kabinetsverbod uitgevoer het.
Dit het bygedra tot die staking in bedrywighede by Xinfeng se ander litiummyn buite Omaruru.
’n Konsultant van Xinfeng, wat voorheen die aanleg se vordering bekend gemaak het, is vir kommentaar genader. Geen antwoord is ontvang nie, maar Xinfeng se eienaar het na bewering verlede week in Namibië aangekom en volgens die konsultant is ’n vergadering met die regering vir vandeesweek beplan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie