• Tuisblad
  • Bistro
  • #PasIn: Azaan Madisia en Steven Mulundu sal 13 Junie gevonnis word
REP NEWS
REP NEWS

#PasIn: Azaan Madisia en Steven Mulundu sal 13 Junie gevonnis word

Iréne-Mari van der Walt
Azaan Madisia en Steven Mulundu sal na verwagting op 13 Junie gevonnis word in verband met die klagte waarop hulle gister skuldig bevind is. Mulundu se regsverteenwoordiger, Tanya Klaazen, het aan regter Christie Liebenberg gevra vir drie jaar tronkstraf waarvan een jaar opgeskort moet word. Mulundu is nie op klagte van bedrog aangekla of skuldig bevind nie. Madisia se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het namens haar gevra vir drie jaar tronkstraf op die klag van regsverydeling en een jaar op elk van die twee klagte van bedrog. Nie Madisia of Mulundu het getuig ter versagting van hul vonnisse nie, maar 'n hartverskeurende getuienis deur Shanon Wasserfall se pa, Tega Matheus, is gevolg deur 'n emosionele brief wat Madisia geskryf het en aan Wasserfall se seun en familie gerig het.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!