Pas In: NHE-staking maak geraas
Werknemers van die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) het vanoggend voor die staatsbeheerde onderneming se deure luidkeels begin betoog. Die adjunk-sekretaris-generaal van die Staatsdiensunie van Namibië (PSUN), Ujama Kaahangoro, het gesê die raad kommunikeer lankal nie meer met die vakbond nie, en is geen mandaat aan die bestuur gegee om met die werkers te onderhandel nie. Die staking wat Vrydag begin het, volg na onderhandelings vir verbeterde werksomstandighede wat doodgeloop het. Werkers soek 'n 7% aanpassing maar was ook bereid om 'n eenmalige bedrag van N$10 00 elk te ontvang - 'n versoek wat deur die raad verwerp is. Werknemers sê hulle is bekommerd oor die toekoms van die onderneming wat bedreig word deur wanbestuur en korrupsie, aldus die vakbond se leier. Die NHE het Vrydag ’n nuwe raad ingehuldig, nadat minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni vir Socrates Dias, Oshoveli Hiveluah, Erikson Mwanyekange, Adda Angula en Ritaa Khiba (adjunkvoorsitter) aangestel het. Toska Sem is die nuwe voorsitter wat by Sam Shivute oorneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie