Polisiekandidate teen swendelaars gewaarsku
Die polisie in die Erongostreek het lede van die publiek gemaan om waaksaam te wees vir swendelaars wat betalings probeer vra van kandidate op die kortlys wat aansoek gedoen het vir geadverteerde poste in die polisiemag.
Inspekteur Ileni Shapumba, eenheidsbevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongostreek, het gesê berigte is ontvang van swendelaars wat polisiekandidate op die kortlys bel, hulself as polisiebeamptes voorstel en met onrealistiese beloftes probeer om geld van hul teikens te bekom.
"Geen betaling is by die werwingsproses betrokke nie. Die polisie sal nooit enige vorm van betaling of gunste aanbied of aanvaar in ruil vir aansoekers om in die werwingsproses te slaag nie," het hy beklemtoon.
Shapumba het gesê dat alle kandidate op die kortlys op 6 Junie om 08:00 by die Walvisbaai-burgersentrum moet aanmeld. "Die onderhoude sal van 6 tot 12 Junie by die genoemde venue gevoer word. Kandidate moet hul oorspronklike dokumente en gesondheidspaspoorte saambring."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie