No Image Caption

Die hartklop van kreatiewe denke

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Dis ’n hoogtepunt op die jaarlikse kalender vir alle kreatiewe siele uit verskeie sektore van die bedryf vir kreatiewe kunste, media, korporatiewe entiteite en ekonomiese beleidsmakers.

Inskrywings vir die Namibia Creative Summit, die spilpunt vir innovering en inspirasie, is oop en toegang is gratis. Maar, plek is beperk en die tyd is nou om te registreer deur op die skakel https://forms.gle/SE1uqeR24syf92d18 te kliek om jou plek te bespreek.

Die beraad is in die lewe geroep met die doel om beleggings in die kreatiewe kunste ’n hupstoot te gee deur onderrig, handel en die voorsiening van noodsaaklike infrastruktuur te prioritiseer.

Vanjaar se tema is “Die Ekonomie van Talente: Om die ontwikkelingsagenda van die Namibiese kreatiewe sektor en sy bydrae tot die ekonomie te ontsluit”.

Die beraad fokus op die belangrikheid daarvan om talente in die sektor in te span om ekonomiese groei en die vooruitgang van gemeenskappe te bevorder.

Dit word deur Mindscape Events en Channel O aangebied en bring verskeie bates en hulpbronne binne die kreatiewe ekosisteem bymekaar om nie net innoverende idees uit te ruil nie, maar ook oplossings te vind vir samewerking tussen die verskeie rolspelers.

Die Namibia Creative Summit vind op 6 en 7 September plaas en fokus op van musiek, kuns, ontwerp, mode, literatuur, kultuur, publikasie, sowel as rolprente en televisie.

Een van verskeie gesprekke tydens die beraad sluit in die toekoms van die kreatiewe bedryf in die lig van nuwe tegnologie en met die fokus op kunsmatige intelligensie (KI). Vrae wat deur die gesprek beantwoord sal word, sluit in wat die werklike waarde is wat KI na die bedryf bring, wat is die nadele asook wat die opkoms van KI vir die toekoms van kreatiwiteit beteken.

Die beraad word met die Iconic Music Fest afgesluit waar musiek, kuns en mode die verhoog deel.

Vir meer inligting, stuur ’n epos aan [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° #N/A #N/A