Foto ter illustrasie/Pexels, Connor Martin
Foto ter illustrasie/Pexels, Connor Martin

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
STEEDS AAN DIE GANG

• “Christmas in July – Welcome to the Jungle” by die Namibië Kunsvlytsentrum se Omba-galery kan tot 31 Augustus besigtig word.

VANDAG

• 18:30 – Die Gereformeerde kerk op Grootfontein bied ’n Prut-en-Borrel-geleentheid aan met potjiekos op die spyskaart. Kaartjies kos N$150 vir volwassenes en N$70 vir kinders.

• 19:00 – Augustus se aanbieding van Night Under the Stars by die Goethe-instituut met Gloria Del Mar. Kaartjies kos N$50 by die deur.

• 19:00 – Albert Frost tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies begin vanaf N$180 en is beskikbaar via quicket.co.za.

MôRE

• 08:00 – Die maandelikse Boeremark vind by die Windhoek-skougronde tot 13:00 plaas. Toegang kos N$5 vir volwassenes en is gratis vir pensioenarisse en kinders jonger as 5. Meer inligting is by [email protected] beskikbaar.

• 11:00 – Frühschoppen met regstreekse musiek deur American Rick by die Kamikaze-inlynhokkieklub (DTS), gevolg deur DJ Benni om 16:00.

• 15:30 – Die modeparade Alice in Wonderland vind by Wanderers-sportgronde in Windhoek plaas.

• 18:00 – The FNB Whiskyfees vind by die Ongwediva Trade Fair Centre se Queen Hall plaas. Kaartjies kos N$375 en is beskikbaar via webtickets.com.na.

• 18:00 – Sluit aan vir ’n aand van komedie en musiek aangebied deur Jathniel, saam met Boeta Nel, Eudy-Peter Parker, Nova Aura en ander by die Origo-skoolsaal op Rehoboth. Kaartjies kos N$50.

• 19:00 – CRIWD bied Groove Mode by Sound Garden in Swakopmund aan, met Fincki, Hartbeat, Zykes, Afro Merchant en Cutro. Kaartjies kos N$60.

• 19:00 – Die Namibië Hartstigting bied ’n vasvra-aand met Amoré Bekker en Lize Ehlers by die NG Kerk in Eros aan. Kaartjies kos N$200 per persoon of N$350 vir twee persone. Kaartjies is by webtickets.com.na beskikbaar.

SONDAG 4 AUGUSTUS

• 14:00 – Daddy loops, met Albert Frost, Riaan Smit en Vaughn Ahrens by Bendehuis in Windhoek. Kaartjies kos N$200 en is beskikbaar via quicket.co.za.

DONDERDAG 8 AUGUSTUS

• 19:00 – Die Anchen Wille Dance Academy bied Alice in Wonderland by die Nasionale Teater aan. Kaartjies is te koop (slegs kontant) by Waltons Auas Valley.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!