'Simply' Aina
Die model, televisiepersoonlikheid en -aanbieder Aina Kweyo is as Simply You Magazine (SYM) se ambassadeur vir 2024 aangewys.
“Ons is ongelooflik opgewonde om Aina by ons span te verwelkom,” sê Ndapewoshali Shapwanale, SYM se medestigter.
“Ons het gesien hoe Aina groei en ’n geweldige bydrae tot die kreatiewe bedryf lewer. Haar passie is perfek in pas met ons waardes en karakter,” sê Ndapewoshali.
As deel van haar verbintenis met SYM sal Aina haar buiging maak in alle bemarkingsverwante aktiwiteite in die aanloop tot die toekenningsaand wat ten doel het om Namibië se kreatiewe gemeenskap te vier.
Die aanwysing van Aina as SYM se ambassadeur is die eerste sedert die aanvang van die toekennings en vorm deel van ’n toekomsplan om die band met die kreatiewe gemeenskap te versterk.
Die genomineerdes vir vanjaar se toekennings word eersdaags aangewys, terwyl die spogaand op 5 Oktober sal plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie