Baba se oorskot ná twee jaar steeds weg
Desiree Gases – Die oorskot van ’n doodgebore babadogtertjie het ongeveer twee jaar gelede onder “geheimsinnige omstandighede” uit die Swakopmund-staatshospitaal verdwyn.
Sy is op 17 Augustus 2021 doodgebore en haar ouers, Collen Mulozi en Brigtness Tulile, leef die afgelope twee jaar sonder enige antwoorde.
Mulozi, die hartgebroke pa, verduidelik hulle het eers op 19 Augustus uitgevind dat hul baba se lykie vermis is, die dag wat hulle van plan was om haar te begrawe.
“Toe ons op 19 Augustus by die hospitaal se lykshuis aankom, kon amptenare nie die lyk in die lykshuis opspoor nie. Tot op hede het ons nog niks van die Swakopmund-staatshospitaal gehoor oor wat met ons baba gebeur het nie. Dit is hartverskeurend dat twee jaar verby is en ons steeds geen antwoorde het nie.”
Mulozi het verder gesê hulle kon nie ’n staatsprokureur vir hul saak kry nie, aangesien hulle twee dokumente benodig; een van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) en die bevindings van die interne ondersoek deur die staatshospitaal.
“Ons het verskeie kere vir dr. Amir gekontak oor die vordering van die interne ondersoek, maar dit was onsuksesvol,” het Mulozi gesê.
Die dokter wat aan diens was ten tyde van die voorval, die hospitaal se hoof- mediese beampte, dr. Amir Shaker, was na bewering met verlof en kon dus nie vir kommentaar bereik word nie.
Die dokter wat in sy afwesigheid aan die stuur van sake is, dr. David Tjiyokola, het egter gesê: “Ek was nie aan diens ten tyde van die voorval nie en ek mag nie enige inligting verskaf nie, aangesien die saak deur die ministerie oorgeneem is. Sodra so iets op streekvlak is, is dit uit ons hande.”
Hy kon egter nie verduidelik hoekom die hospitaal in twee jaar geen terugvoering aan die ouers kon gee nie.
Volgens ’n dokument wat in 2022 deur HPCNA vrygestel is, het die komitee die saak bespreek en bevind dat die kwessie van die vermiste lyk verband hou met moontlike wanbestuur van die hospitaalstelsel. Die komittee het die raad aanbeveel om die saak te sluit, en dat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in kennis gestel moet word oor die moontlike wanbestuur.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie