Bank Windhoek bied ‘somerfees’ aan die kus
Met die aanvang van die feesseisoen bied Bank Windhoek vanaf 13 tot 18 Desember ‘n ‘somerfees’ by die kus aan, waar vakansiegangers kan uitsien na verskeie pretbelaaide aktiwiteite.
Die Hentiesbaai Ope Gholfdag-toernooi vind jaarliks by die kusdorp plaas en is 'n hoogtepunt vir alle gholfliefhebbers. Met inskrywings wat op Woensdag 14 Desember gesluit het, vind die hoofbyeenkoms op Saterdag 17 Desember by die kusdorp se gholfbaan plaas. Vir meer inligting, kontak Des van Heerden by 264 81 125 1510.
Die Beach Bash Volleyball-toernooi het 'n gewilde trekpleister op die kus se Desemberkalender geword. By die byeenkoms wat op Saterdag 17 Desember afskop, kan ‘ n maksimum van ses vlugbalspelers per span meeding om ‘n totale prys van N$21 000. Vir navrae, stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Skaakentoesiaste kan uitsien na die Namibië Skaakfederasie se Bank Windhoek Kehat Beukes Legacy-skaaktoernooi wat vanaf Saterdag 17 Desember tot die Sondag by die Swakopmund Munisipale Opleidingsentrum plaasvind. Die kompetisie het ten doel om internasionale reisigers en die beste plaaslike skaakspelers te lok om oor nege rondes om die louere mee te ding. Elke rondte sal 50 minute lank wees, en die spelers sal volgens die Wêreldskaakfederasie se reëls meeding. Vir meer inligting, kontak Charles Eichab by 264 81 623 8160.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie