'Bome is die longe van die wêreld'
Bome is die longe van die wêreld en voorsien aan ons suurstof, kos en energie. Die Walvisbaaise munisipaliteit se hoof van parke en ontspanning Joseph Amushila het tydens ‘n viering van boomplantdag op die dorp gesê dit is nie net blote tradisie nie, maar ook die deelname aan ‘n globale beweging om die wêreld se mees noodsaaklike hulpbronne en wel bome te beskerm. Tydens die dag is blome by die Flamingo Sekondêre Skool op die hawedorp geplant.
“Wil jy koejawels hê? Dan moet jy bome plant. Kom in die gewoonte om sade te plant, selfs al is dit ‘n appelsaad,” het hy gesê.
In sy toespraak wat namens hom voorgelees is, het die minister van landbou, water en bosbou, Calle Schlettwein, gemaan dat plantegroei weens stedelike ontwikkeling al hoe meer verlore gaan.
“Ons moet ontwikkelaars aanmoedig om groen ruimtes in ons stedelike beplanning te integreer. Vanjaar se geleentheid is gefokus op die plant van bome in residensiële gebied, dorpe en langs die strate in stede, sowel as die skep van stedelike ‘woud’parke,” het die minister gesê.
Volgens Schlettwein word ontbossing in Namibië gedryf deur die uitbreiding van dorpe en stede, die landelike behoefte aan hout as energiebron, veldbrande, die skoonmaak van grond vir landbou, sowel as klimaatsverandering.
‘Dit is daarom noodsaaklik dat ons ontbossing besweer deur aktief bewaring aan te moedig en aktief bome te plant. Om ‘n boom te plant kan soos ‘n klein gebaar lyk, maar dit is een van die belangrikste dinge wat ons kan doen om tot die gesondheid van die planeet by te dra,” hy Schlettwein gesê.
Die bome by die skool is deur SLB (Schlumberger), ‘n globale tegnologiemaatskappy wat dienste in die olie en -gasbedryf lewer en Manica het die bome geskenk. Manica se skenking vorm deel van die maatskappy se eeufeesvieringe en wat insluit die plant van 100 bome by verskeie plekke op die dorp om dit te verfraai. Vier verskillende bome is gekies vir hul gehardheid en veerkragtigheid en wel die wilde olyf, die Namibiese mirt, wilde ebbehout, sowel as die wilde perske.
Die amptelike vieringe van boomplantdag het in Onawa in Oshakati plaasgevind waar die ministerie 750 saailinge aan inwoners in Ongwediva en Oshakati uitgedeel het. Dit vorm deel van sy doel om jaarliks 20 000 bome te plant. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie