Byna 30 0000 besoek Logos Hope

Leandrea Mouers
Die wêreld se grootste drywende boekuitstalling, Logos Hope, het tot dusver byna 30 000 besoekers oor 11 dae verwelkom sedert die opening van sy deure op 5 Julie vir die publiek.

Die boekuitstalling wat in Walvisbaai se hawe geanker was, het gister sy deure vir die publiek gesluit en vertrek vandag na Angola.

’n Vrywilliger op die skip en die projekbestuurder van die Logos Hope Namibia Advance Preparation Team, Paolenta Kevo, het verlede week tydens ’n mediakonferensie gesê die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre, en munisipale amptenare was aktief betrokke by die daaglikse aktiwiteite as vrywilligers aan boord.

“Van die verwelkoming van passasiers en skoonmaak tot verf, kook en selfs enjin-instandhouding. Die gesamentlike pogings het die krag van gemeenskappe en samewerking ten toon gestel,” het Kevo gesê.

Logos Hope het tydens sy besoek aan die Namibiese kus ’n reeks impakvolle geleenthede by die hawe aangebied, wat voorsiening gemaak het vir uiteenlopende groepe insluitend kinders, tieners, jeug, vroue en ouers.

“Hoogtepunte het die opwindende Crew for a Day-ervaring ingesluit wat deelnemers ’n unieke kykie gegee het in die lewe aan boord van Logos Hope.

“Die Meet the World-geleentheid het byna 300 deelnemers gelok, insluitend me. Sustjie Mbumba, die presidentsvrou van Namibië,” het hy gesê.

‘DIEP GERAAK’

’n Afskeidsete is gisteraand aangebied om die sowat 78 plaaslike vrywilligers te bedank vir hul ondersteuning en hulp die afgelope twee weke.

Kevo het ook verlede week die bemanning se dankbaarheid teenoor Namibiërs uitgespreek.

“My hart is diep geraak deur die Namibiese mense se vrygewigheid en gasvryheid. Ek wil my opregte dank uitspreek teenoor alle Namibiërs wat ons in julle land verwelkom het en deel was van ons reis. Dankie vir julle vriendelikheid en ondersteuning.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!