Byna N$1,5 miljoen se skade toe kragtoring val
“Hierdie is ‘n tydelike, maar stabiele manier om die kraglyn te herstel. Permanente herstelwerk sal in ‘n latere stadium gedoen word.”
So het mnr. Eschel Kandjii, NamPower se stelselbestuurder, aan Republikein gesê nadat die nasionale kragverskaffer met noodherstelwerk begin het ná ’n toring wat deel van die Omburu-Khan-kraglyn vorm Donderdag omstreeks 13:30 omgeval het. NamPower het bevestig skade van ongeveer N$1,5 miljoen is aangerig.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die ankerkabels wat die toring ondersteun het, waarskynlik verwyder is.
“Dit is vermoedelik weens vandalisme. Die onwettige verwydering van die ankerkabels het tot gevolg gehad dat die toring nie genoeg ondersteuning gehad het nie en gevolglik omgeval het,” het NamPower in ’n mediaverklaring gesê.
Dié toring het ook ’n veldbrand veroorsaak wat spoedig onder beheer gebring is. Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Die Omburu-Khan-kraglyn verskaf hoofsaaklik elektrisiteit aan die kusgebied, sê Kandjii, en “dat dit voorkom asof daar nie diensonderbrekings na hierdie gebiede sal wees nie”.
Die herstelwerk sal na verwagting vandag voltooi word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie