Kry Saterdag 'n beker sop en 'n paar warm sokkies ter ondersteuning van die Kankervereniging.
Kry Saterdag 'n beker sop en 'n paar warm sokkies ter ondersteuning van die Kankervereniging.

CAN hou 'sokkies-en-sop-Saterdag'

Sluit eerskomende Saterdag van 09:00 tot 12:00 aan by die Kankervereniging van Namibië (CAN) se Socks n Soup Saturday by die MegaCentre in Kleine Kuppe. Die fondsinsamelings wat die vereniging gereeld aanbied om sy goeie werk te kan voortsit, is wel ernstig deur die gevolge van Covid-19 belemmer, maar dit sal nie die CAN-span ontmoedig om te probeer hoop bring aan diegene wat deur dié siekte geraak is nie. Ondersteun die Kankervereniging dié Saterdag deur wollerige warm wintersokkies, vars hoender- en noedelsop en groentesop, pannekoek en worsbroodjies te koop. Dit is boonop 'n winskoop teen slegs N$10 vir 'n beker sop met 'n halwe brötchen of 'n soet pannekoek. Die sokkies sal jou N$50 per paar uit die sak jaag, of koop 'n "buff" teen N$100 om jou ondersteuning vir CAN te wys!

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!