CAN verhoog bewustheid van kinderkanker
Privaat sektor sit hand by
Die Kankervereniging van Namibië is gereed om sy Yellow Ribbon Festival vir bewusmaking van kinderkanker aan te bied.
Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië (CAN), mnr. Rolf Hansen, het gister gesê vier Namibiese gesinne hoor elke week dat hul kind kanker het.
In ’n poging om kinderkanker in Namibië te beveg, het Alexforbes Namibië N$70 000 aan CAN geskenk wat aangewend sal word om die Yellow Ribbon Festival ’n realiteit te maak.
Hy het gesê die wins van die Yellow Ribbon Festival en die skenking van Alexforbes sal gebruik word om veldtogte vir die bewusmaking van kinderkanker in verskillende landstale moontlik te maak.
“Kinderkanker neem wêreldwyd toe en dieselfde geld vir Namibië. Dit is belangrik dat ons die volk in hul eie tale bereik,” sê Hansen.
Die fees sal uit ’n 5km-pretloop wat om 15:00 begin en ’n jazzkonsert op 24 September bestaan en sal by die DTS-sportklub in Windhoek aangebied word.
Kaartjies beloop N$150 vir volwassenes en dit is gratis vir kinders jonger as sewe.
Hansen sê egter diegene wat nie in die pretloop wil deelneem nie, kan 18:00 by hulle aansluit vir die jazzkonsert met Lize Ehlers.
“Ons is geëerd om steeds so ’n goeie doel te ondersteun – byna almal ken iemand wat aan kanker gesterf het,” het mnr. Stéfan du Preez, die besturende direkteur van Alexforbes, gesê.
“Hierdie saak is in pas met ons doel. As Alexforbes is ons fokus om met kliënte kontak te maak. Deur ons databronne te gebruik, is ons in staat om raad en oplossings te bied wat ’n daadwerklike impak op mense se lewens maak.”
STIGMA
Hansen sê dit is belangrik vir CAN om stigmas rondom kanker uit te wis deur mense in hul eie tale te onderrig en hulle op voetsoolvlak te help om die siekte beter te verstaan.
“Ons land het ’n gebrek aan begrip. Talle mense glo steeds iemand is getoor as hulle kanker het en dat dit net witmense, oumense of vroue raak. Baie gemeenskappe verwerp gesinne wanneer ’n kind met kanker gediagnoseer is. Ons gaan beter met gemeenskapsleiers soos stamleiers en godsdiensleiers moet kommunikeer,” sê Hansen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie