Derde AU MSME-forum skop in die hoofstad af
Beoog om entrepreneurs te bemagtig
Die forum het ten doel om 'n platform te skep waar belangrike inligting aangaande die Afrika- Kontinentale Vryhandelsgebied gedeel word.
Mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings (MSME’s) speel ’n ondergewaardeerde rol in die wêreldwye ekonomie ten spyte van die feit dat hulle ’n groot impak op die wêreldwye mark het.
Dit aldus die uitvoerende hoof van die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB), Nangula Uaandja, wat die hoofspreker was by die opening van die Afrika-unie (AU) se MSME-forum wat Maandag in die hoofstad begin het.
Die forum word gehou onder die tema “Bevordering van Finansiële Bemagtiging en Opvoedkundige Innovasie vir Aanvangsondernemings en MSME’s in Afrika” met die doel om ’n platform te skep waar belangrike inligting aangaande die Afrika- Kontinentale Vryhandelsgebied (AfCFTA) gedeel word.
Uaandja het gesê dit is noodsaaklik dat MSME’s oplossings vir plaaslike probleme vind en het beklemtoon dat die forum wat Vrydag eindig, kennis met entrepreneurs deel sodat hulle hul besighede kan laat floreer.
“Hierdie forum bied ’n platform waar die jongmense in Afrika en rolspelers verantwoordelikheid aanvaar vir die ontwikkeling van die vasteland en die bydrae van Afrika tot die uitdagings wat die wêreld vandag in die gesig staar,” het sy gesê.
Uaandja het gesê Afrikane moet leer om hulself so te organiseer dat hulle verantwoordelikheid neem vir die toekoms van Afrika en verantwoordelikheid en aanspreeklikheid aanvaar oor hoe Afrika tot die wêreld sal bydra.
VISEPRESIDENT
In ’n toespraak wat namens haar voorgelees is deur die adjunk- uitvoerende direkteur in die kantoor van die president, Mateus Kaholongo, het adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê MSME’s is verantwoordelik vir 90% van alle besighede, die helfte van die toegevoegde waarde en meer as tweederdes van indiensneming.
Nandi-Ndaitwah het gesê as die ruggraat van samelewings oraloor, dra MSME’s by tot plaaslike en nasionale ekonomieë en tot die handhawing van lewensbestaan, veral onder die werkende armes, vroue, jeug en groepe in kwesbare situasies.
Sy het gesê 15 000 MSME’s is in Namibië geregistreer wat ongeveer 12% tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bydra.
“Nasionale statistieke dui daarop dat die informele sektor, wat hoofsaaklik uit klein besighede bestaan, 58% van Namibië se arbeidsmag in diens het.
“Ten spyte van hierdie geweldige bydrae tot ons BBP en werkskepping, bly hierdie sektor onderbedien,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het die AU geloof vir wat sy as ’n gepaste tema bestempel, aangesien sy glo die onderrig van MSME’s sal onvolledig wees sonder die klem op die bevordering van innovasie.
“Dit is ’n noodsaaklike element wanneer dit kom by die verbetering van die mededingendheid van die MSME’s,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
“Hierdie forum bied aan Namibië ’n geleentheid vir beleidmakers, beleggers en belanghebbendes uit Afrikalande om die verskillende uitdagings wat MSME’s in die gesig staar, die hoof te bied.”
INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
Die kommissaris van ekonomiese ontwikkeling, handel, die toerismebedryf en minerale, Albert Muchanga, het MSME’s aangeraai om die AfCFTA-protokol oor intellektuele eiendomsregte na te gaan en om te bepaal hoe hulle dit tot hul voordeel kan benut.
Muchanga het gesê met bevolkingsgroei in Afrika en die res van die wêreld, gaan landboubedrywighede ook toeneem.
“Die forum dien as ’n platform vir kapasiteitsbou, netwerkvorming en uitstalruimte vir MSME’s.
“Dit is my hoop dat julle hiervan gebruik maak en terug sal gaan na julle onderskeie huise en kantore met beter vooruitsigte vir die groei van julle onderskeie besighede,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie