No Image Caption

Drie Bentleys op toer deur Namibië, Afrika

Robert Wilkinson en sy vriend John Waltan deurkruis al jare lank die aardbol in hul Bentleys wat in 1926 vervaardig is. ’n Reis om die wêreld het nie gerealiseer weens die oorlog in die Oekraïne nie, maar hulle het al na byna elke vasteland gereis. Wilkinson se 28-jarige dogter, Olivia, vergesel hulle op hul reis. Drie Bentleys (1926-modelle) – ’n 8-liter, ’n 4,5-liter en ’n 6,5-liter – is vanaf Engeland na Kaapstad verskeep. Die trio het meer as ’n maand gelede na Namibië vertrek en daarop aangedring om met die grondpad Sesriem toe te ry en verder na die kus. Dié reisigers het pas teruggekeer van ’n kort vakansie in Engeland en is nou besig om die voertuie vir die volgende fase voor te berei. Hul reis gaan binnekort hervat en hul paaie lei na die Victoria-waterval in Zimbabwe en dieper in Afrika in. Terwyl hulle met vakansie was, is die voertuie in die Old Wheelers Club Museum in Windhoek uitgestal. Foto Frank Steffen

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!