sterre
sterre

Ekspo reik na die sterre

Koop kaartjies vir mobiele planetarium
Die span wat die mobiele planetarium van AMT behartig, sal leerlinge en volwassenes by vanjaar se ekspo vermaak. Belangstellendes sal egter vinnig moet spring, want die hoeveelheid kaartjies is beperk.
Yolanda Nel
Dit is amper weer tyd vir die Toerisme Ekspo wat vanaf 24 tot 26 April plaasvind en die ekspo bied elke jaar ’n opwindende ervaring vir jonk en oud. En vanjaar sal jy weer nie teleurgesteld wees nie.

Die span van die Africa Millimetre Telescope (AMT) sal leerlinge en volwassenes vermaak en hulle deur die sterreruim in ’n mobiele planetarium neem.

Volgens die organiseerder van dié projek, Yolanda Nel van Network Television (NT)V, is hierdie ’n wonderlike geleentheid om meer oor astronomie te leer.

“Ek was al self ’n paar keer in die planetarium en dit is ongelooflik om te sien hoe klein deeltjie die aarde eintlik uitmaak; en hoe klein ons werklik is.”

Skolegroepe is reeds uitgenooi om die geleentheid te benut en volwassenes kan kaartjies koop om self deel van die ervaring te wees.

Meer as 13 000 mense het reeds die mobiele planetarium besoek, waarvan meer as 10 000 leerlinge is. Volgens Zandre Duvenhage van AMT is dit ’n wonderlike ervaring vir kinders.

Die planetarium is in 2022 aan die Universiteit van Namibië (Unam) geskenk en die doel van die projek is om jongmense se belangstelling te prikkel oor die wetenskap en wetenskap in enige vorm.

Vroeër vanjaar het die AMT-span die Annie Maunder-medalje vir uitreike van die Royal Astronomical Society (RAS) ontvang vir die werk wat met die planetarium verrig is.

Die AMT-projek het ten doel om die eerste millimeter-teleskoop in Afrika te vestig. Dié teleskoop sal by Gamsberg opgerig word as deel van die Event Horizon-teleskoopnetwerk, wat die swart gat in 2019 op beeld vasgevang het.

Kaartjies vir die planetarium kan op etickets.my.na vir ’n spesifieke tydgleuf gekoop word.

Jy sal vinnig moet spring aangesien die hoeveelheid kaartjies beperk is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!