Een van die vier Canberra B-12-bomwerpers wat in die aanval gebruik is. FOTO SA Militêre Museum
Een van die vier Canberra B-12-bomwerpers wat in die aanval gebruik is. FOTO SA Militêre Museum

Gaan voort met nasiebou, sê Geingob op Cassingadag

Ronelle Rademeyer
Dit is vandag 44 jaar gelede wat die omstrede Slag van Cassinga plaasgevind het toe Suid-Afrikaanse valskermtroepe ’n Swapo-kamp in Angola aangeval het.

Swapo het later aangevoer dit was nie ’n militêre kamp nie, maar ’n vlugtelingskamp waar hoofstaaklik vroue en kinders gehuisves is.

“Cassingadag sal vir altyd 'n letsel wees in die geheue van Namibiërs. Vandag, 44 jaar ná die wrede, sinnelose en onmenslike bloedbad op

Namibiese vlugtelinge, hoofsaaklik vroue en kinders, op 4 Mei 1978 by Cassinga in die suide van Angola, onthou ons nog daardie pynlike hoofstuk omdat die fisieke en sielkundige letsels diep is,” sê pres. Hage Geingob in sy herdenkingsboodskap.

Hy sê Cassingadag bly 'n konstante herinnering dat die vryheid en onafhanklikheid van die Namibiese mense teen 'n hoë prys gekom het. Hy sê die land moet vandag stilstaan en dié dag onthou “waarop gruwelike dade van geweld en brutaliteit is teen die Namibiese mense gepleeg is”.

Geingob bring is sy boodskap ook hulde aan die oorlewendes van die Cassinga-slagting, wie se lewens steeds deur die trauma van die gebeure geraak word.

Hy sê die dag moet Namibiërs aan die onbaatsugtige opofferings herinner wat gemaak is deur duisende landgenote en vroue in die loop van die stryd vir die onafhanklikheid van die moederland.

“Dit is dus ons plig om te verseker dat die drome, aspirasies en bloed

van daardie seuns en dogters van Namibië wat hul lewe afgelê het sodat ons vandag ons vryheid kan geniet, nie verraai word nie,” sê hy.

Geingob versoek Namibiërs om kollektief betrokke te raak by aksies wat verdienstelike respek gee aan diegene wat hul lewe verloor

Het vir die vryheid en onafhanklikheid van die land.

“Ter nagedagtenis aan die 44ste herdenking van die Cassinga-slagting, doen ek 'n beroep op almal Namibiërs om voort te gaan met die taak van nasiebou. Kom ons trek saam in dieselfde rigting om 'n verenigde en welvarende Namibië vir huidige en toekomstige geslagte te bou," lui sy pleidooi.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!