'n Nar maak diere uit balonne vir kinders op die skou.
'n Nar maak diere uit balonne vir kinders op die skou.

Grootfontein skou in styl

Elvira Hattingh
Grootfontein se skou is vanjaar die tuiste van die Namibiese saalperd-kampioenskappe, terwyl die kleinvee-afdeling sterk teruggekeer het met 14 boere wat 160 diere ingeskryf het. Ses beesrasse skou ook, terwyl die hondeskou op die eerste dag vir ’n groot hoogtepunt gesorg het. Die burgemeester van die dorp, Thalita Garises, het Woensdagaand die skou amptelik geopen. Op gister se program was ’n kostuumklas vir die bees-afdeling – ’n nuwe tradisie waar telers hulself, hul touleiers en beeste prettig optof en ’n paar pryse kan wen. Die Dexters, Limousins en Brahmane is ook gister geskou, met interrasbeoordelings en die skouparade wat vandag plaasvind.

Die plaaslike sangers Joharetha en Len Nel sal vanaand skougangers se voete laat jeuk. ’n Skou-optog deur die dorp vind ook vandag om 16:00 plaas asook die nasionale saalperdkampioenskappe vanaf 15:15. Die skou loop vanaand tot ’n einde. Hier maak ’n nar ballondiere vir die jongspan. Foto Elvira Hattingh

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!