Foto Iréne-Mari van der Walt
Foto Iréne-Mari van der Walt

Kletskompas kuier by Biltongfees

Die gees loop behoorlik hoog vir môre se immergewilde Biltongfees en die spanne van Republikein, Synergi en NTV is opgewonde om feesgangers te ontmoet.

Vir diegene wat eers die kat uit die boom wil kyk, saai die span van Kletskompas elke uur vanaf 08:00 tot 17:00 regstreeks van die Biltongfees op Republikein se sosialemediaplatforms uit. Die bekende gesigte van Kletskompas se aanbieders sal kykers hier begroet en ’n blik in die pret en plesier by die fees bied asook onderhoude met musiekkunstenaars wat die fees besoek.

Die span van NTV sal ook by die fees Namibia Media Holdings (NMH) se nuwe televisiekanaal, NTV, ten toon te stel. NTV is op DTtv kanaal 285 en GoTV kanaal 94 en bied kykers ure se plaaslike vermaak insluitend verskeie Afrikaanse programme soos Kletskompas, Namibië Sonder Grense, Kaap Vol Hoop en Blitsfokus.

Die Synergi-span sal in die Republikein-tuin kuier met hul Wys Jou Vleiskennis- en Kolskoot-speletjie, waarvoor pryse op die spel is. Pryse vir dié speletjies word trots deur Bushwhackers geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!