Foto Argief
Foto Argief

Liggaam van tweede verdrinkte meisie gevind

Kristien Kruger
Die soektog na die liggame van twee elfjarige meisies wat verlede naweek op Hentiesbaai verdrink het, is gestop nadat die tweede liggaam glo vandag gevind is.

Hilia Rashmie Brockerhoff en Mary-anne Mimie Bock het Vrydag, 15 Desember, na bewering sonder volwasse toesig saam met hulle vriende in die see gaan swem toe ’n sterk brander hulle ingetrek het. Die ander kinders het daarin geslaag om weer veilig op die strand te kom.

NamStrong het die publiek bedank vir hulle hulp in die soektog na die liggame.

“Ons vra dat mense versigtig moet wees en nie kinders moet toelaat om sonder volwasse toesig te swem nie,” lui NamStrong se kennisgewing.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!