Lüderitz omskep in sprokiesland
Lüderitz en die Burenkamp-woonbuurt is tans in kleurvolle Kersliggies getooi.
Die dorpsraad het vanjaar ou en nuwe versierings opgesit en hoop om in die volgende finansiële jaar nog liggies aan te koop om meer woonbuurte oor die Kerstyd op te helder.
“Die Kersligte het lanklaas in Lüderitz geskyn en dus het ons vanjaar voluit gegaan en met die geleentheid waar die Kersliggies aangeskakel word, het Kersvader op die brandweerwa aangery gekom. Talle inwoners het by die dorpsraad se kantore bymekaargekom en Kersliedere gesing. Ons het ook die oggend ’n Kersmark met 17 stalletjies aangebied. Die dorpsraad wil die ou tradisies laat herleef en ons wil dit van nou af elke jaar doen,” het Phil Balhao, voorsitter van die bestuurskomitee, gesê.
Die burgemeester, Ben McKay, het gesê die funksie en liggies sal in die toekoms ’n tradisie op die dorp word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie