Lughawepad na Hage hernoem

Kristien Kruger
Die B9-hoofweg, wat vanaf Windhoek na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako sal strek, is Saterdag tydens ’n seremonie hernoem ter ere van wyle president Hage Geingob wat in Februarie oorlede is.

Die pad, wat tans in aanbou is, sal nou bekend staan ??as die Dr. Hage Geingob-snelweg.

President Nangolo Mbumba het die geleentheid bygewoon en Geingob beskryf as ’n vooraanstaande dienaar van die Namibiese mense wat die weg na voorspoed gebaan het.

Oudpresident Hifikepunye Pohamba en die voormalige presidentsvrou, Monica Geingos, het ook die seremonie bygewoon wat op Geingob se verjaardag, 3 Augustus, gehou is. Hy sou Saterdag 83 geword het.

“Die pad wat sy [Hage Geingob se] naam dra, sal dien as ’n huldeblyk aan sy blywende impak op ons samelewing.

“Mag hierdie pad ’n simbool wees van veerkragtigheid, vooruitgang en eenheid – waardes wat wyle H.E. Dr. Hage Geingob sy lewe lank nagestreef het”, het Lily Brandt, die voorsitter van die Padowerheid se direkteure tydens die seremonie gesê.



KONSTRUKSIE

Die konstruksie van die dubbelbaan beloop sowat N$949 miljoen en die bouwerk sal na verwagting in November vanjaar voltooi wees.

Die pad se konstruksie het in Maart 2020 begin en ongeveer 300 mense sal na verwagting tydens die konstruksiefase in diens geneem word. Die projek word deur die Chinese regering gefinansier, wat ’n bedrag van N$1 miljard daarvoor beskikbaar gestel het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!