Meer as vyf dekades se onthou

Boet Matthews
Boet Matthews - Oudleerlinge van die destydse Rynse Primêre Skool op Rehoboth wat in 1971 in van sub A tot standard vyf was, het tydens ‘n reünie op die dorp herinneringe uitgeruil en ook dié onthou wat nie meer met hulle is nie. Wyle Dewet Hermanus het toe aan die stuur van die staatskool gestaan, met van oudleerlinge tot -onderwysers wat die onthou’s van 53 jaar gelede gevier het. Die saamkuier ná meer as vyf dekades het in die saal van Laerskool Origo - soos die skool vandag bekendstaan - plaasgevind. Die groep onderwysers stap reeds ‘n lang pad saam en het by ouers en leerlinge respek met hul reëls en regulasies afgedwing. Tydens die aand is gesels oor van toeka tot nou, die skool se groei en die standaard van onderwysers. Oor laasgenoemde was almal dit eens oor sommige van “deesdae se onderwysers” wat “skaamteloos met uitdagende kleredrag in

klaskamers les gee”.

“Jare gelede toe ons skool geloop het, wou ons soos onderwysers ordentlik gesien word op skoolvlak. Deesdae is dit anders, want onderwysers wil met leerlinge meeding,” het een gesê.

“Ons is opreg bly oor die goeie waardes wat ons destyds geleer en die manier hoe daar in ons belê is. Van die oudonderwysers is nie meer met ons nie, maar ons sal hulle vir altyd onthou. Rehobotters is meer soos ‘n familie as ‘n gemeenskap en dis wat herinneringe so spesiaal maak,” het een van die reüniegangers gesê. Oudleerlinge het veral klem gelê op die waarde wat die onderwysers tydens hul skoolloopbaan tot hul lewe gevoeg het. Ook dat respek jou ver in die lewe bring en dat hulle dankbaar is vir al die pakslae! Tydens die spesiale aand is kersies in herinnering aan leerlinge en onderwysers opgesteek wat intussen dood is. Erkenning is ook gegee aan die vier oorlewende onderwysers Joey Maasdorp, Pona Beukes, Leah Izaks en Lily Beukes. Een van die organiseerders van die spesiale byeenkoms, Margareth Solomons, het die vier as deel van “die grondleggers in ons laerskooljare” beskryf.

Een van Origo se skoolouers het met trots vertel van die skool se goeie waardes, dissipline en onderrig.

“Van my kinders was self daar en ek is trots op hul sukses wat by Origo behaal is.” Sy het ook verwys na die voormalige skoolhoof, me. Pona Beukes wat “baie streng was en die reëls en regulasies goed toegepas het”. Op ‘n ligter noot het sy vertel van ‘hemelse’ besoeke aan Beukes se kantoor.

“Sy het ‘n parfuum, Heavenly’ gedra wat so lekker geruik het!” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!