Meer beamptes dié feestyd ontplooi
Padgebruikers moet saamwerk
Skakel 9682 om ongelukke aan te meld of hulp te ontbied.
Padgebruikers is weer eens versoek om hierdie feestyd die verkeersreëls en -regulasies na te kom.
Gedurende dié tyd reis die meeste Namibiërs na hul onderskeie vakansiebestemmings, wat opeenhopings op die paaie veroorsaak en tot padongelukke, beserings en sterftes lei.
Volgens die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) se statistiek is altesaam 2 874 padongelukke vanaf 1 Januarie tot 11 Desember vanjaar aangemeld.
Dit het gelei tot 423 sterftes en 4 868 beserings. Hierdie getalle is effens minder as dié van verlede jaar toe 2 926 ongelukke aangemeld is, wat gelei het tot 525 sterftes en 5 050 beserings.
Die padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen vir 2022-’23 het op 16 November afgeskop en duur tot 20 Januarie 2023.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het gesê padveiligheid kan nie oorbeklemtoon word nie.
“Daarom doen ons ’n beroep op alle motoriste om by die verkeersreëls en -regulasies te hou. As wetstoepassers het ons ons sigbaarheid op die paaie verskerp om veiligheid te verseker. Veiligheid moet eerste kom.”
Shikwambi het gesê die polisie sal hul deel doen en hulle verwag dat alle motoriste by hulle sal aansluit om lewens te red.
“As wetstoepassers verskerp ons ons opvoedkundige veldtogte voor die feesvieringe deur burgers te herinner om te alle tye hul veiligheid te prioritiseer. Ons versterk ook ons misdaadvoorkomings- sowel as padveiligheidsoperasies deur patrollies te voet of voertuigpatrollies in stede en of op die snelweë te vermeerder.”
Permanente padverkeers- en mobiele kontrolepunte, veral op die B1- en B2-hoofpaaie sowel as ander sekondêre paaie, sal 24 uur per dag beman word. Shikwambi het gesê om hul verbintenis tot padveiligheid op nasionale paaie te herbevestig, is meer verkeersbeamptes op nasionale vlak ontplooi.
“Die ontplooiing van beamptes alleen kan nie werklik ’n verskil maak tensy alle padgebruikers hul samewerking gee nie.”
Volgens haar moet motoriste verseker dat hul voertuie padwaardig is, hulle moet nie selfone gebruik terwyl hulle bestuur nie, nie alkoholiese drankies drink nie en bestuurders en passasiers moet altyd hul veiligheidsgordels dra.
Langafstandreisigers moet ook medebestuurders hê wat hulle kan aflos, bestuurders moet rus wanneer hulle moeg is, hulle moet altyd waaksaam en bedagsaam wees en voetgangers moet hulself beskerm deur die wet te gehoorsaam en roekelose bestuurders aan te meld.
“Die uitdagings het nooit regtig opgehou nie, want solank ons diegene het wat nie saamwerk nie en nie die wette nakom nie, sal ons nie die padongelukuitdagings oorkom nie.”
Shikwambi het gesê die wet op padverkeer en vervoer is baie duidelik, insluitend die vasgestelde boetes per oortreding. Elke saak het sy eie meriete en sal dus dienooreenkomstig hanteer word.
Shikwambi het motoriste verder versoek om gebruik te maak van die amnestietydperk – vanaf 1 November 2022 tot 31 Januarie 2023 – vir die inhegtenisname van padgebruikers met lasbriewe teen hulle.
Die MVAF het ook die publiek versoek om die noodtolvrye nommer – 9682 – op hulle fone te stoor. Dit is die nommer wat mense moet skakel om ’n ongeluk aan te meld.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie