Die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Naobeb, die direkteur van toerisme in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT), mnr. Sebulon Chicalu was saam met mnr. Albé Botha, uitvoerende hoof van NMH, mnr. Charles Moore die hoë kommissaris van die Britse Hoë Kommissariaat en die adjunkminister MEFT, me. Heather Sibungo by die opening van die Tourisme Ekspo. Foto Tanja Bause
Die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Naobeb, die direkteur van toerisme in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT), mnr. Sebulon Chicalu was saam met mnr. Albé Botha, uitvoerende hoof van NMH, mnr. Charles Moore die hoë kommissaris van die Britse Hoë Kommissariaat en die adjunkminister MEFT, me. Heather Sibungo by die opening van die Tourisme Ekspo. Foto Tanja Bause

MEFT tevrede met Toerisme Ekspo

Tanja Bause
Frank Steffen

Die adjunkminister van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT), me. Heather Sibungo, het gister vanjaar se Toerisme Ekspo namens minister Pohamba Shifeta geopen.

Die uitvoerende direkteur, mnr. Teofilus Nghitila, sowel as sy adjunk, mnr. Seimy Shidute, en die direkteur van toerisme, mnr. Sebulon Chicalu, het ook die ministerie verteenwoordig.

Die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Naobeb, het ook die geleentheid bygewoon. Hy het ’n belangrike rol gespeel om inisiatiewe van stapel te stuur wat nie net daarop gemik is om die vloei van buitelandse besoekers na Namibië te herstel nie, maar ook om streektoerisme te bevorder.

Die tema van 2022 se Toerisme Ekspo (TE) fokus gevolglik op streektoerisme.

Namibia Media Holdings (NMH) het “Neem toerisme na die streke” as vanjaar se tema gekies en het voorgeneem om die ekspo vanaf 2023 na die Namibiese streke uit te brei.

“Toerisme bly die hartklop van ons samelewing,” het mnr. Albé Botha, uitvoerende hoof van NMH, gesê.

Volgens ’n meningspeiling wat Synergi, NMH se bemarkingsagentskap, van stapel gestuur het, en waaraan 5 000 respondente deelgeneem het, is dit duidelik dat 70 persent van respondente verkies om hul vakansies aanlyn te bespreek.

Botha het dit as ’n belangrike faktor geïdentifiseer waarom elke bemarkingstrategie ’n “storie” moet insluit wat aan besoekers aangebied word om sodoende meer belangstelling in die spesifieke vakansiebestemming te wek.

“Ons het 16 Instagram-punte by die ekspo om jou ervaring by hierdie geleentheid te deel,” het Botha gesê en uitstallers aangemoedig om deel te neem.

In Namibië, het hy gesê, bemark meer as 1 000 ondernemings hulself aanlyn, “terwyl daar in Afrika meer as 100 000 ondernemings is waarvan ongeveer 40 000 ondernemings in Afrikalande 10 grade suid van die ewenaar gevind kan word”.

Botha het gesê: “Toerisme het geen grense nie”

Daarom blyk dit al hoe belangriker te wees om ’n reiservaring aan besoekers te bied wat gekenmerk word deur toegang tot moderne inligtingstegnologie, interaktiwiteit, welstand- en ekovriendelike aktiwiteite, volhoubare toeristepraktyke sowel as die prioritisering van gesondheid en veiligheid.

Sibungo het haar vreugde oor die eerste ekspo ná die Covid-pandemie uitgespreek. Sy het ook beklemtoon dat Namibiese toerisme voorbereid moet wees vir strawwe mededinging wanneer besoekers hul vakansies beplan.

“Die belangrikste bronmarkte in die derde kwartaal van 2022 was Duitsland, Suid-Afrika, Frankryk, Italië, Nederland, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Switserland, België, Spanje en Angola.”

Sy het gesê die MEFT het strategieë ontwikkel wat fokus op regulasies (veral met betrekking tot Covid-19), aanlyn bemarking, geo- en spesiale segmente in die reisaanbod, verbeterde toegang tot inligting en toegang tot aanlyn dienste, sowel as konnektiwiteit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!