Mooiste Namibiese meisies vanjaar in Oshana gekroon

Michael Kayunde
Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië word vanjaar in die Oshanastreek gekroon. Die semifinaliste is Vrydag aangewys – 28 semifinaliste vir Mej. Namibië en 20 vir Mej. Tiener Namibië. Die top-10-finaliste sal onderskeidelik op 16 en 17 Mei aangewys word, waarna die kroning op 18 en 19 Julie sal plaasvind. Koningin Adelheid Nangolo van Ondonga is die beskermvrou. Foto NBC

Kommentaar

Republikein 2025-04-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer