Ná nege jaar is 28 huise uiteindelik oorhandig
Rita Kakelo en Aurelia Afrikaner – Ná nege jaar se samewerking tussen ’n politieke party en die regering om behuisingsbehoeftes te takel, is 28 nuutgeboude huise Vrydag oorhandig.
Die opgraderingsprojek vir informele nedersettings (ISU) word sedert 2015 deur die hoof van die Affirmative Reposition (AR), Job Amupanda, en die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling gelei.
Die projek is daarop gemik om behuisingstekorte te verlig en lewensomstandighede te verbeter.
Vrydag is 28 van die 113 nuutgeboude tweeslaapkamerhuise in Goreangab Uitbreiding 4 in Windhoek uiteindelik oorhandig.
Amupanda het tydens die oorhandiging gemengde gevoelens uitgespreek en opgemerk dat hoewel die proses baie lank geneem het, was dit die moeite werd.
“Ons het in die proses sabotasie ervaar. Die proses kon bespoedig word, maar ons is nietemin gelukkig.”
KRITERIA
Die begunstigdes sluit in staatsamptenare van verskeie ministeries, soos die ministeries van gesondheid en maatskaplike dienste; van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit; en van onderwys, kuns en kultuur.
Die ontvangers moes glo byna vyf jaar gewag het sedert hulle vir die huise aansoek gedoen het.
Stad Windhoek (CoW) het die behuisingsaansoek in die gedrukte media en via radio-uitsending geadverteer en was spesifiek op begunstigdes in die staatsdiens gemik. Die National Housing Enterprise (NHE) het sowat 400 aansoekers geregistreer.
VOORDELE
Die huise word teen ’n koste van sowat N$395 000 gebou, waarvan die regering ’n subsidie van 70% dek en die begunstigde die oorblywende 30%.
Dit beloop ongeveer N$1 800 per maand vir ’n tweeslaapkamerhuis.
Junias Alugodhi (26), een van die begunstigdes wat in die gesondheidsektor werk, het tydens die oorhandiging sy opregte dank uitgespreek.
“Nou sal hulle weet waar om te klop, anders as in ’n ‘shack’ waar jy oral moet klop totdat jy die persoon kry,” het hy gesê.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het by die geleentheid die publiek versoek om erkenning te gee aan die samewerkende bydraes en gemeenskapsinisiatiewe wat deur die Namibiese regering gedryf word.
“Dis die regering se mandaat om te verseker dat elke Namibiër ’n veilige plek het wat hulle huis kan noem.”
Sedert die ISU-projek van stapel gestuur is, is 694 huise aan inwoners van Windhoek se informele nedersettings en ander dele van die land oorhandig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie