Namibiërs vier onafhanklikheid

Nikanor Nangolo
Namibië het gister 34 jaar van onafhanklikheid landswyd gevier en groot skares het die amptelike vieringe op Katima Mulilo bygewoon. Talle leerlinge het ook Woensdag by hul onderskeie skole die geleentheid gekry om met hulle tradisionele drag te spog.

Die tema van vanjaar se vieringe was “Mense verenig vir welvaart” en verrigtinge het by die Katima Mulilo-sportkomplek plaasgevind. President Nangolo Mbumba het verrigtinge bygewoon en ’n toespraak lewer.

Dit was die eerste keer dat die Zambezistreek dié vieringe aanbied. Die goewerneur in die streek, Lawrence Sampofu, het vroeë die week gesê dat die streek sy bes sou doen om te verseker dat verrigtinge vlot sal verloop. Talle mense wat bymekaargekom het om die helde en heldinne van die vryheidstryd te vier, het egter weer eens teleurgesteld huis toe gegaan weens ’n tekort aan kos by die geleentheid. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!