Nedbank Kapana Cook-Off 2022 wenner, Ebben-Ezer Amuyagele.
Nedbank Kapana Cook-Off 2022 wenner, Ebben-Ezer Amuyagele.

Nedbank Kapana Cook-Off begin op Oshakati

Platform vir informele kapana braaiers
Wetumwene Shikage
Die Nedbank Kapana Cook-Off vir vanjaar, wat in Mei bekendgestel is, hou Saterdag (17 Junie) sy eerste voorlopige rondte in Oshakati waar meer as 150 kapana-sjefs na verwagting hul vernuf sal ten toon stel.

Die kompetisie, wat in sy negende jaar is, bestaan uit drie voorlopige rondtes in die noord-, kus- en sentrale streke van Namibië. Drie finaliste uit elke streek sal gekies word om aan die finaal deel te neem. Daarna sal die algehele wenner wegstap met 'n kontantprys van N$10 000 asook 'n volledig gemeubileerde mobiele kostrok ter waarde van N$100 000.

Nedbank Namibië se bestuurder vir kommunikasie en PR, Selma Kaulinge, het gesê die kompetisie is veral belangrik in die noordelike streek waar dit nege jaar gelede ontstaan het. "Deur hierdie kompetisie het ons 'n platform verskaf vir informele handelaars om hul vaardighede te gebruik en 'n kans te staan om vir hulself die groot prys te wen wat hulle in staat sal stel om hul eie onderneming te begin en tot hul gemeenskappe by te dra," het sy gesê.

Die kompetisie sal voortgaan met die kusrondte in Walvisbaai op Saterdag, 8 Julie, die sentrale rondte in Windhoek op Saterdag, 5 Augustus, en met die eindrondte wat vir Saterdag, 26 Augustus by die Ongwediva-handelskou beplan word.

Terwyl inskrywings vir die noordelike rondte reeds gesluit het, kan kapana-braaiers nog tot 30 Junie vir die kusrondte en vir die sentrale rondte tot 28 Julie inskryf.

Vir meer inligting, besoek https://www.nedbank.com.na/ en dien inskrywingsvorms in by enige Nedbank-tak of e-pos [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!